SATI Riglyne vir die Voorbereiding van Tafeldruiwe in Suid-Afrika vir uitvoer 2025/2026

Aksies volgens fenologiese stadium

Dormansie Snoei: Halflangdraers (8 oë) met 12–15 oë per m 2 . Apikaal dominant. Snoei laat. Dit is belangrik om die hernuwingsone te beskerm en nie draers te lank te snoei nie. Gebruik waterstofsiaanamied ook in die Wes-Kaap. Verbetering van bot: Vroeë toedienings van waterstofsiaanamied word nie aanbeveel nie. Spuit waterstofsiaanamied voor bot om uitbot te verbeter. Gebruik volgens die produk se registrasie. Bot tot blom 2 cm lootlengte: Begin met witroesprogram. 3 cm troslengte: Gebruik seewierprodukte of 1 dpm gibberelliensuur + 1 dpm CPPU (sitokinien) vir trosverlenging. 10–15 cm lootlengte: Top dominante lote sodat lote met trosse almal min of meer dieselfde lengte by blom sal wees. Dien stikstof toe volgens groeikrag maar wees konserwatief. 20 cm lootlengte: Suier: verwyder lote sonder trosse. Hou een tros per loot. 80–110 cm lootlengte: Optimale lootlengte by blom. Blom tot set Warm toestande en sterk groeikrag mag trosse laat afspeen. In warm areas soos die Oranjerivier moet trosse aan die begin van blom gepunt word om set te bevorder. Indien temperature tydens blom in die Wes-Kaap koel is, kan 1 dpm gibberelliensuur toegedien word wanneer 10%–20% trosse in set is. Set tot deurslaan 5 mm korreldeursnit: Verwyder blare rondom trosse. Kort trosse in na 75–85 korrels per tros. Laat een tros per loot met ’n minimum deursnit van 10 mm. Los 55 000 trosse per hektaar. Dien stikstof toe volgens groeikrag 6-8 mm korreldeursnit: Spuit 10 dpm gibberelliensuur of 7.5 dpm gibberelliensuur plus 0.5 dpm CPPU vir vergroting in die Wes-Kaap. Spuit 20 dpm gibberelliensuur plus 1 dpm CPPU gevolg deur 15 dpm gibberelliensuur na drie dae vir vergroting in die Oranjerivier. Begin met ’n magnesiumprogram om rouband te beheer, indien nodig. Deurslaan tot oes ± 20% van korrels sag: Sny die nok van die prieel ongeveer 30 cm wyd oop. Wees versigtig vir direkte son op die trosse. Laat hantering van trosse kan oppervlakkige verbruining veroorsaak. Verwyder trosse op swak lote. Trosse wat te lank hang om suikervlakke te behaal kan interne verbruining kry. Oes tot pak Ideale suikervlakke met oes is 17–18 °Brix. Gevoelig vir oppervlakkige verbruining: Hanteer trosse versigtig. Wees versigtig om nie turgiede druiwe op koue oggende na reën of besproeiing te hanteer nie. Geswolle oppervlakselle kan breek, wat tot oppervlakkige verbruining lei.

SATI RIGLYNE VIR DIE VOORBEREIDING VAN TAFELDRUIWE IN SUID-AFRIKA VIR UITVOER 45

Made with FlippingBook Annual report maker