SATI Riglyne vir die Voorbereiding van Tafeldruiwe in Suid-Afrika vir uitvoer 2025/2026

Dormansie Snoei: Kortdraers (2 oë) met 8–10 oë per m 2 . Of halflangdraers (8 oë) met 12–15 oë per m 2 . Verbetering van bot: Spuit waterstofsiaanamied voor bot om die oes te vervroeg of om uitbot te verbeter. Gebruik volgens die produk se registrasie. Bot tot blom 2 cm lootlengte: Begin met witroesprogram. 3 cm troslengte: Gebruik seewierprodukte of 1 dpm gibberelliensuur + 1 dpm CPPU (sitokinien) vir trosverlenging. 10–15 cm lootlengte: Top dominante lote sodat lote met trosse almal min of meer dieselfde lengte by blom sal wees. Dien stikstof toe volgens groeikrag. 20 cm lootlengte: Suier: verwyder lote sonder trosse. Hou een tros per loot. 80–110 cm lootlengte: Optimale lootlengte by blom. Blom tot set Dun natuurlik goed uit. Met baie warm toestande tydens blom mag dit nodig wees om set te verbeter deur lote by 90%–100% blom te top. Set tot deurslaan 5 mm korreldeursnit: Verwyder blare rondom trosse. Kort trosse in na 75–85 korrels per tros. Laat een tros per loot met ’n minimum deursnit van 10 mm. Los 55 000 trosse per hektaar. Dien stikstof toe volgens groeikrag. 6–8 mm korreldeursnit: Spuit 10 dpm gibberelliensuur plus 0.5 dpm CPPU vir vergroting in die Wes-Kaap. Spuit 20 dpm gibberelliensuur plus 1 dpm CPPU gevolg deur 15 dpm gibberelliensuur na drie dae vir vergroting in die Oranjerivier. Deurslaan tot oes ± 20% van korrels sag: Sny die nok van die prieel ongeveer 30 cm wyd oop. Wees versigtig vir direkte son op die trosse. Laat hantering van trosse kan oppervlakkige verbruining veroorsaak. Verwyder trosse op swak lote. Trosse wat te lank hang om suikervlakke te behaal kan interne verbruining kry. Oes tot pak 2 weke voor oes: Spuit 10 dpm gibberelliensuur om fermheid te verbeter. Ideale suikervlakke met oes is 18 °Brix. Gevoelig vir oppervlakkige verbruining: Hanteer trosse versigtig. Wees versigtig om nie turgiede druiwe op koue oggende na reën of besproeiing te hanteer nie. Geswolle oppervlakselle kan breek, wat tot oppervlakkige verbruining lei. Aksies volgens fenologiese stadium

SATI RIGLYNE VIR DIE VOORBEREIDING VAN TAFELDRUIWE IN SUID-AFRIKA VIR UITVOER 43

Made with FlippingBook Annual report maker