SATI Riglyne vir die Voorbereiding van Tafeldruiwe in Suid-Afrika vir uitvoer 2025/2026
Aksies volgens fenologiese stadium
Dormansie Snoei: Snoei laat vir beter blomtoestande en minder variasie in die fisiologiese ouderdom van korrels in ’n tros. Kortdraers (2 oë) met 8–10 oë per m 2 . Of halflangdraers (6–8 oë) met 12–15 oë per m 2 . Verbetering van bot: Spuit waterstofsiaanamied voor bot om die oes te vervroeg of om uitbot te verbeter. Gebruik volgens die produk se registrasie. Bot tot blom 2 cm lootlengte: Begin met witroesprogram. 10–15 cm lootlengte: Top dominante lote sodat lote met trosse almal min of meer dieselfde lengte by blom sal wees. Dien stikstof toe volgens groeikrag. 20 cm lootlengte: Suier: verwyder swak lote en lote sonder trosse. Hou die onderste tros op lote. 80–110 cm lootlengte: Optimale lootlengte by blom. Blom to set 10% blom: Geen uitdunspuite nie. Dit mag nodig wees om groot trosse te punt en skouer om set te verbeter. Lote moet getop word vir beter set in groeikragtige wingerde onder warm toestande. Set tot deurslaan 50% van korrels met 6–7 mm deursnit: Verwyder blare om trosse. Vergroting met gibberelliensuur of ringelering word nie aanbeveel nie. Die risiko van verbruining is groter met groter korrels en ’n swaarder oeslading. Indien wel nodig kan 2 dpm gibberelliensuur vir vergroting in die Oranjerivier gespuit word. Kort trosse in na 60–70 korrels per tros. Kleiner trosse met minder variasie in fisiologiese ouderdom tussen korrels is minder geneig tot verbruining. Los 55 000 trosse per hektaar. Moenie trosse op swak lote laat nie. Dien stikstof toe volgens groeikrag. Begin met ’n magnesiumprogram om rouband te beheer, indien nodig. Moenie trosse hanteer nadat korrels begin sag word nie. Dit kan tot oppervlakkige verbruining lei. Deurslaan tot oes ± 20% kleur: Sny die nok van die prieel ongeveer 30 cm wyd oop. Wees versigtig vir direkte son op die trosse. ± 75% van korrels sag: Verwyder trosse op stokke met te veel trosse. Oes tot pak Oes sodra die minimum suikervlak bereik word. Hoe langer die druiwe hang, hoe groter is die risiko van verbruining. Gevoelig vir verbruining: Hanteer trosse versigtig. Gevoelig vir SO 2 -skade: Gebruik papier op die druiwe. Gebruik geperforeerde sakke en ’n MAM vel. Wees versigtig om nie turgiede druiwe op koue oggende na reën of besproeiing te hanteer nie. Geswolle oppervlakselle kan breek, wat tot oppervlakkige verbruining lei.
SATI RIGLYNE VIR DIE VOORBEREIDING VAN TAFELDRUIWE IN SUID-AFRIKA VIR UITVOER 41
Made with FlippingBook Annual report maker