SATI Riglyne vir die Voorbereiding van Tafeldruiwe in Suid-Afrika vir uitvoer 2025/2026
Aksies volgens fenologiese stadium
Dormansie Snoei: Kortdraers (2 oë) met 8–10 oë per m 2 . Of halflangdraers (6–8 oë) met 12–15 oë per m 2 . Verbetering van bot: Spuit waterstofsiaanamied voor bot om die oes te vervroeg of om uitbot te verbeter. Gebruik volgens die produk se registrasie. Bot tot blom 2 cm lootlengte: Begin met witroesprogram. 10–15 cm lootlengte: Top dominante lote sodat lote met trosse almal min of meer dieselfde lengte by blom sal wees. Dien stikstof toe volgens groeikrag. 20 cm lootlengte: Suier: verwyder swak lote en lote sonder trosse. Hou een tros per loot. 80–110 cm lootlengte: Optimale lootlengte by blom. Blom to set In set (2–3 mm korreldeursnit): Spuit 1–2 dpm gibberelliensuur om bokhael te laat aborteer. Herhaal na 2–3 dae. Gebruik die hoër dosis onder moeilike toestande (koue temperature). Set tot deurslaan 5 mm korreldeursnit: Verwyder blare om trosse. Kort trosse in na 80–90 korrels per tros. Laat een tros per loot met ’n minimum deursnit van 10 mm. Los 54 000–55 000 trosse per hektaar. Dien stikstof toe volgens groeikrag. 10–12 mm korreldeursnit: Spuit 10–20 dpm gibberelliensuur vir vergroting. Gebruik die hoër dosis vir warm toestande. Wanneer gibberelliensuur teen meer as 10 dpm toegedien word, kan trosse gespuit of gedoop word. Begin met ’n magnesiumprogram om rouband te beheer, indien nodig. Deurslaan tot oes ± 20% van korrels sag: Sny die nok van die prieel ongeveer 30 cm wyd oop. Trim trosse indien nodig. Laat hantering van trosse kan oppervlakkige verbruining veroorsaak. Verwyder trosse op swak lote. Trosse wat te lank hang om suikervlakke te behaal kan interne verbruining kry. Oes tot pak Gevoelig vir oppervlakkige verbruining: Hanteer trosse versigtig.
Gevoelig vir SO 2 -skade: Gebruik papier op die druiwe. Gebruik 4–5 mm geperforeerde sakke en ’n MAM vel.
SATI RIGLYNE VIR DIE VOORBEREIDING VAN TAFELDRUIWE IN SUID-AFRIKA VIR UITVOER 39
Made with FlippingBook Annual report maker