SATI Riglyne vir die Voorbereiding van Tafeldruiwe in Suid-Afrika vir uitvoer 2025/2026
Aksies volgens fenologiese stadium
Dormansie Snoei: Kortdraers (2 oë) met 8–10 oë per m 2 . Of halflangdraers (8 oë) met 12–15 oë per m 2 . Snoei van halflangdraers verbeter die spasiëring van trosse. Verbetering van bot: Spuit waterstofsiaanamied voor bot om die oes te vervroeg of om uitbot te verbeter. Gebruik volgens die produk se registrasie. Bot tot blom 2 cm lootlengte: Begin met witroesprogram. Gevoelig vir witroes en blaaspootjies. Beheer proaktief gedurende die groeiseisoen. 10–15 cm lootlengte: Top dominante lote sodat lote met trosse almal min of meer dieselfde lengte by blom sal wees. Dien stikstof toe volgens groeikrag. 20 cm lootlengte: Benodig sterk groeikrag tydens blom vir beter speen. Verwyder alle ekstra trosse voor blom. Mik om so vroeg moontlik een tros per loot te hê. 80–110 cm lootlengte: Optimale lootlengte by blom. Blom to set. Vroeë uitdunspuite met gibberelliensuur kan bokhael veroorsaak. In warmer areas is uitdunspuite nie nodig nie. In die Wes-Kaap met koeler blomtoestande kan 1 dpm gibberelliensuur vir uitdunning gespuit word. Wend aan wanneer 50%–60% van die trosse geset het. Lae konsentrasies (1.0%) bi-uret ureum kan bygevoeg word. Set tot deurslaan 5 mm korreldeursnit: Verwyder blare om trosse. Sorg dat blare nie trosse skaaf nie. Dit geld vir die hele seisoen tot oes. Kort trosse in na 70–80 korrels per tros. Laat een tros per loot met ’n minimum deursnit van 10 mm. Los 55 000 trosse per hektaar. Dien stikstof toe volgens groeikrag. 6–8 mm korreldeursnit: Spuit 7.5 dpm gibberelliensuur vir vergroting in die Wes-Kaap. Spuit 10–15 dpm gibberelliensuur vir vergroting in die Oranjerivier. Korrelaanhegting kan verbeter word deur 0.5–1 dpm CPPU (sitokinien) by die vergrotingspuit te voeg. Deurslaan tot oes ± 20% van korrels sag: Sny die nok van die prieel ongeveer 30 cm wyd oop. Wees versigtig vir direkte son op die trosse. Laat hantering van trosse kan oppervlakkige verbruining veroorsaak. Verwyder trosse op swak lote. Oes tot pak Ideale suikervlakke met oes is 18 °Brix. Gevoelig vir oppervlakkige verbruining: Hanteer trosse versigtig. Wees versigtig om nie turgiede druiwe op koue oggende na reën of besproeiing te hanteer nie. Geswolle oppervlakselle kan breek, wat tot oppervlakkige verbruining lei.
SATI RIGLYNE VIR DIE VOORBEREIDING VAN TAFELDRUIWE IN SUID-AFRIKA VIR UITVOER 37
Made with FlippingBook Annual report maker