SATI Riglyne vir die Voorbereiding van Tafeldruiwe in Suid-Afrika vir uitvoer 2025/2026

Aksies volgens fenologiese stadium

Dormansie Snoei: Halflangdraers (8 oë) met 12–15 oë per m 2 . Gebruik sterk lote. Verbetering van bot: Spuit waterstofsiaanamied voor bot om die oes te vervroeg of om uitbot te verbeter. Gebruik volgens die produk se registrasie. Bot tot blom 2 cm lootlengte: Begin met witroesprogram. 10–15 cm lootlengte: Top dominante lote sodat lote met trosse almal min of meer dieselfde lengte by blom sal wees. Oorgeil wingerde en warm blomtoestande kan afspeen vererger. Swak stokke onder stres het ook ’n groter risiko van afspeen. 20 cm lootlengte: Suier: verwyder lote sonder trosse. Los 1.5 maal die beplande oeslading trosse. In die Oranjerivier kan dubbel trosse voor blom op sterk lote gelaat word. 80–110 cm lootlengte: Optimale lootlengte by blom. Blom tot set Kan afspeen. Pas die volgende maatreëls toe om set te verbeter: • Verwyder die blare rondom trosse aan die begin van blom. • Punt trosse aan die begin van blom in die Olifantsrivier, Oranjerivier. In die Berg- en Hexrivier is die punt van trosse afhanklik van weerstoestande. • Met warmer toestande in die Oranjerivier kan 1–1.5 dpm CPPU (sitokinien) by 40%–80% blom vir set gespuit word. • Top lote by 80%–100% blom. Kan 2–3 dae later herhaal word. • Verhoed onnodige toediening van CPPU gedurende blom. Veelvuldige laat toedienings kan merke op korrels en rigiede korrelstele veroorsaak. • Ringelering vir set is effektief maar kan blomletsels vererger. Indien ringelering nodig is, moet dit by die begin van blom gedoen word. Set tot deurslaan 5 mm korreldeursnit: Verwyder blare rondom trosse. Kort trosse in na 70–80 korrels per tros. Laat een tros per loot met ’n minimum deursnit van 10 mm. Los 55 000 trosse per hektaar. Indien trosse erg afgespeen het, los meer trosse. Dien stikstof toe volgens groeikrag. 6–8 mm korreldeursnit: Spuit 15–20 dpm gibberelliensuur plus 0.5–1 dpm CPPU vir vergroting in die Wes-Kaap. Spuit twee aanwendings van 15–20 dpm gibberelliensuur plus 0.5–1 dpm CPPU drie dae uitmekaar vir vergroting in die Oranjerivier. Deurslaan tot oes ± 20% van korrels sag: Sny die nok van die prieel ongeveer 30 cm wyd oop. Wees versigtig vir direkte son op die trosse. Laat hantering van trosse kan oppervlakkige verbruining veroorsaak. Verwyder trosse op swak lote. Trosse wat te lank hang om suikervlakke te behaal kan interne verbruining kry. Oes tot pak Ideale suikervlakke met oes is 17–18 °Brix. Gevoelig vir oppervlakkige verbruining: Hanteer trosse versigtig. Wees versigtig om nie turgiede druiwe op koue oggende na reën of besproeiing te hanteer nie. Geswolle oppervlakselle kan breek, wat tot oppervlakkige verbruining lei.

SATI RIGLYNE VIR DIE VOORBEREIDING VAN TAFELDRUIWE IN SUID-AFRIKA VIR UITVOER 35

Made with FlippingBook Annual report maker