SATI Riglyne vir die Voorbereiding van Tafeldruiwe in Suid-Afrika vir uitvoer 2025/2026

Aksies volgens fenologiese stadium

Dormansie Snoei: Kortdraers (2 oë) met 8–10 oë per m 2 . Of halflangdraers (6–8 oë) met 12–15 oë per m 2 . Verbetering van bot: Spuit waterstofsiaanamied voor bot om die oes te vervroeg of om uitbot te verbeter. Gebruik volgens die produk se registrasie. Bot tot blom 2 cm lootlengte: Begin met witroesprogram. 10–15 cm lootlengte: Top dominante lote sodat lote met trosse almal min of meer dieselfde lengte by blom sal wees. Dien stikstof toe volgens groeikrag. 20 cm lootlengte: Suier: verwyder lote sonder trosse. Hou een tros per loot. 80–110 cm lootlengte: Optimale lootlengte by blom. Blom tot set In set (3–4 mm korreldeursnit): Spuit 1–2 dpm gibberelliensuur om bokhael te laat aborteer. Herhaal na 2–3 dae. Gebruik die hoër dosis onder moeilike toestande. Set tot deurslaan 5 mm korreldeursnit: Verwyder blare rondom trosse. Kort trosse in na 75–80 korrels per tros. Klein trosse word aanbeveel om die effek van fisiologiese rypheidsverskille binne trosse te bestuur. Laat een tros per loot met ’n minimum deursnit van 10 mm. Los 54 000–56 000 trosse per hektaar. Moenie oeslading oorskry nie. Dien stikstof toe volgens groeikrag 10–12 mm korreldeursnit: Spuit 10–25 dpm gibberelliensuur vir vergroting. Die hoër dosis is vir die Oranjerivier. Deurslaan tot oes ± 20% van korrels sag: Sny die nok van die prieel ongeveer 30 cm wyd oop. Trim trosse indien nodig. Laat hantering van trosse kan oppervlakkige verbruining veroorsaak. Verwyder trosse op swak lote. Trosse wat te lank hang om suikervlakke te behaal kan interne verbruining kry. Oes tot pak

Gevoelig vir SO 2 -skade: Gebruik papier op die druiwe. Gebruik 4–5 mm geperforeerde sakke en ’n MAM vel. Gevoelig vir oppervlakkige verbruining: Hanteer trosse versigtig.

SATI RIGLYNE VIR DIE VOORBEREIDING VAN TAFELDRUIWE IN SUID-AFRIKA VIR UITVOER 33

Made with FlippingBook Annual report maker