SATI Riglyne vir die Voorbereiding van Tafeldruiwe in Suid-Afrika vir uitvoer 2025/2026
Aksies volgens fenologiese stadium
Dormansie Snoei: Kortdraers (2 oë) met 8–10 oë per m 2 . Verbetering van bot: Spuit waterstofsiaanamied voor bot om die oes te vervroeg of om uitbot te verbeter. Gebruik volgens die produk se registrasie. Bot tot blom 2 cm lootlengte: Begin met witroesprogram. 10–15 cm lootlengte: Top dominante lote sodat lote met trosse almal min of meer dieselfde lengte by blom sal wees. Dien stikstof toe volgens groeikrag 20 cm lootlengte: Suier: verwyder lote sonder trosse. Hou een tros per loot. 80–110 cm lootlengte: Optimale lootlengte by blom. Blom tot set Volblom: Spuit 1 dpm gibberelliensuur vir uitdunning indien nodig (koue weer en swak groeikrag). Set tot deurslaan 5 mm korreldeursnit: Verwyder blare rondom trosse. Kort trosse in na 50–60 korrels per tros. Laat een tros per loot met ’n minimum deursnit van 10 mm. Los 54 000 trosse per hektaar. Dien stikstof toe volgens groeikrag 7 mm korreldeursnit: Spuit 5–7.5 dpm gibberelliensuur vir vergroting. Die hoër dosis is vir die Oranjerivier. Begin met ’n magnesiumprogram om rouband te beheer, indien nodig. Deurslaan tot oes ± 20% van korrels sag: Sny die nok van die prieel ongeveer 30 cm wyd oop. Trim trosse indien nodig. Laat hantering van trosse kan oppervlakkige verbruining veroorsaak. Verwyder trosse op swak lote. Trosse wat te lank hang om suikervlakke te behaal kan interne verbruining kry. Oes tot pak Gevoelig vir interne verbruining: Moenie trosse met suikervlakke hoër as 20 °Brix pak nie. Gebruik papier op die druiwe. Gebruik 4–5 mm geperforeerde sakke en ’n MAM vel. Gevoelig vir oppervlakkige verbruining: Hanteer trosse versigtig. Wees versigtig om nie turgiede druiwe op koue oggende na reën of besproeiing te hanteer nie. Geswolle oppervlakselle kan breek, wat tot oppervlakkige verbruining lei.
SATI RIGLYNE VIR DIE VOORBEREIDING VAN TAFELDRUIWE IN SUID-AFRIKA VIR UITVOER 29
Made with FlippingBook Annual report maker