SATI Riglyne vir die Voorbereiding van Tafeldruiwe in Suid-Afrika vir uitvoer 2025/2026
Die ontwikkeling van ’n druiwekorrel
Druiwekorrels ontwikkel volgens ’n dubbelsigmoïde kurwe (Figuur 6). Daar is ’n steil eerste fase van toename in korrelgrootte vanaf set tot by deurslaan, waarna die kromme effens afplat. Dan is daar weer ’n steil toename tot by oes. Die seldelingsfase, waartydens die getal selle per korrel vasgestel word, strek vanaf set tot ongeveer 21 dae na set. Daarna groei die korrel hoofsaaklik deur middel van selvergroting. Die eerste fase is baie belangrik vir die finale korrelgrootte. As die korrelgrootte gedurende hierdie fase ondergemiddeld is, is daar geen manier om groei in te haal en uiteindelik die optimale korrelgrootte te bereik nie. Aksies soos trosuitdunning, ringelering, vergroting met gibberelliensuur, en afgooi en inkort van trosse gedurende die eerste fase beïnvloed die uiteindelike produk.
Figuur 6. Die ontwikkeling van ’n druiwekorrel. Erkenning: Gawie van der Merwe.
SATI RIGLYNE VIR DIE VOORBEREIDING VAN TAFELDRUIWE IN SUID-AFRIKA VIR UITVOER 17
Made with FlippingBook Annual report maker