SATI Riglyne vir die Voorbereiding van Tafeldruiwe in Suid-Afrika vir uitvoer 2025/2026
Gemiddelde oë per stok = 58.2 Gemiddelde oë per m 2 = 10.8
Gemiddelde bot % = 88.1% Gemiddelde trosse per oog = 0.48
FIGUUR 5. Die gemiddelde oogvrugbaarheid vir Crimson Seedless by vier plase en by 31 ewekansig gekose stokke in die Worcester-area gedurende die 2006 seisoen. Erkenning: Gawie van der Merwe.
Figuur 5 illustreer die vrugbaarheid van Crimson Seedless. Oogposisie een is die eerste (laagste) ogie op die draer. Dit wys dat Crimson Seedless met halflangdraers van 6–8 ogies en ’n ooglading van 12–15 ogies per m 2 grondoppervlakte die beste opsie is. Die hoogste vrugbaarheid is tussen ogieposisie 4 en 9. Die gemiddelde vrugbaarheid van Crimson is ongeveer 0.5 trosse per ogie.
Made with FlippingBook Annual report maker