SATI Riglyne vir die Voorbereiding van Tafeldruiwe in Suid-Afrika vir uitvoer 2025/2026
Gewoonlik begin lote so twee weke voor uitbot huil. As lote huil, moet snoeisnitte so gemaak word dat die huilsap wegloop van die ogies. Gedurige benatting van ogies kan hulle as gevolg van botritis laat vrot. Dit geld veral vir kortdraers wat regop staan. Moenie die snit te ver van die ogie af maak nie. In die middel van die loot is die murg sponsagtig. By elke ogie is daar ’n diafragma wat die murg onderbreek. Lote kan dus nie uitdroog nie. Inteendeel, reën kan opdam in ’n lang stuk murg en botritisinfeksies veroorsaak wat ogies kan doodmaak. Dit geld weereens in die winterreënvalstreek vir kortdraers wat regop staan. Deur langdraers afwaarts vas te maak, word apikale oorheersing opgehef en beter uitbot verseker (Figuur 3).
FIGUUR 4. Langdraers in Suid-Afrika. Let op na die lengte en die dikte van die draers. Erkenning: Gawie van der Merwe.
SATI RIGLYNE VIR DIE VOORBEREIDING VAN TAFELDRUIWE IN SUID-AFRIKA VIR UITVOER 15
Made with FlippingBook Annual report maker