SATI Riglyne vir die Voorbereiding van Tafeldruiwe in Suid-Afrika vir uitvoer 2025/2026

enige groen weefsel beskadig. Wend aan onder stadigdrogende toestande. ’n Kleurstof kan saam gebruik word om te sien of lote deeglik benat word. Kaliumnitraat (KNO 3 ) kan teen 6% gebruik word vir egalige bot. Dit moet by ogieswel of eerste ogie oopgaan, of beide, gespuit word. Dis ’n veilige produk en sal nie jong blaartjies beskadig nie. Kaliumnitraat kan nie vir vervroeging gebruik word nie. Praktiese oorwegings In praktyk word manipulasies dikwels gekombineer. Die groeikrag van ’n wingerd bepaal watter manipulasies uitgevoer gaan word. ’n Oorgeil wingerd is geneig om yl trosse as gevolg van swak set te gee. Hoe geiler die wingerd, hoe yler is die trosse en hoe meer drasties die manipulasies wat gedoen moet word. Kultivars wat gevoelig is vir té vroeg snoei is Prime ® , Grapaes (Early Sweet ® ), Starlight ® , Red Globe, Thompson Seedless, Sheegene 21 (Ivory™) en Sugrasixteen (Sable Seedless ® ). Té vroeg snoei veroorsaak swak, onegalige bot en klein trosse sonder skouers. Jong wingerde (2 de en 3 de blad) moet later gesnoei word omdat hulle lae reserwes het as gevolg van sterk groei en dikwels ook laat aanhou groei. By onvrugbare wingerde help langer draers nie – die draers bot net swakker, hoe langer hulle is. Beperk tot 10 ogies, maar los meer draers en verhoog die ooglading na 25 ogies per m 2 . By onvrugbare wingerde kan sylote ook as draers gebruik word waar hulle dik genoeg is of as penne met een ogie waar hulle nie sterk genoeg is nie. Hulle moet net minstens 7 mm dik en verhout wees. Die penne bot altyd en wanneer hulle bot, stimuleer dit die oksel-ogie om ook te bot. Die kanse om ’n tros te kry raak dus groter. 3

FIGUUR 3. Langdraers gesnoei in Chili. Let op na die lengte en dikte. Deur draers afwaarts vas te maak, word beter bot by die basis verkry. Erkenning: Gawie van der Merwe.

14 SATI RIGLYNE VIR DIE VOORBEREIDING VAN TAFELDRUIWE IN SUID-AFRIKA VIR UITVOER

Made with FlippingBook Annual report maker