SATI Riglyne vir die Voorbereiding van Tafeldruiwe in Suid-Afrika vir uitvoer 2025/2026

Ooglading Ooglading verwys na die optimale aantal ogies per stok of per m 2 grondoppervlakte. Die Suid-Afrikaanse wyndruifbedryf het met riglyne vir oogladings begin. Die Suid-Afrikaanse tafeldruifbedryf het, na verskeie proewe vanaf 2004 tot 2006, riglyne ontwikkel wat die toets van tyd deurstaan het en vandag as akkuraat beskou kan word. Die aanbevole oogladings vir verskillende snoeistelsels word in Tabel 1 gegee. TABEL 1. Riglyne vir oogladings in verskillende snoeistelsels. Snoeistelsel Aanbevole aantal ogies per draer Aanbevole aantal ogies per m 2 grondoppervlak Verwagte gemiddelde bot %

Kortdraers

2

8–10

100 plus

Halflangdraers

6–8

12–15

75–80

Langdraers

12–14

20–25

50–65

Dit is duidelik dat, soos die aantal ogies toeneem, neem die botpersentasie af. Dit maak dus nie sin om al langer draers te hê nie. Meer draers met 12 ogies is beter as minder draers met 20 ogies. Hoe langer die draer, hoe swakker en meer onegalig is sy bot. Vrugbaarheid in terme van trosse per stok is die produk van die botpersentasie en die vrugbaarheid van die lote wat uitbot. As die bot persentasie 10% swakker is, is daar 10% minder trosse as waarvoor beplan is. Die vrugbaarheid van ’n wingerdogie word uitgedruk in trosse per ogie. Byvoorbeeld as Thompson Seedless se gemiddelde vrugbaarheid 0.5 trosse per ogie is, beteken dit dat daar ’n 50% kans is dat ’n ogie ’n tros sal wys. Algemene snoeiwenke Gebruik slegs goed rypgemaakte lote met ’n donkerbruin of rooi kleur vir draers. Sulke lote is hoog in reserwes (suiker en stysel wat in die plant gestoor word). Vermy vaal of liggekleurde lote (laag in reserwes). Vermy lote met abnormale lang internodes in hul middel. Sulke lote het te sterk gegroei wat die reserwestatus daarvan kon benadeel. Snoei sodat die trosse oor die hele drasone versprei hang. Probeer om draers van optimale dikte te gebruik (10–14 mm). Vir Sugraone (Superior Seedless ® ), Sugratwelve (Coachella Seedless ® ) en Ralli Seedless™ is dit 12–14 mm. Vir Thompson Seedless en Crimson Seedless is dit 10–12 mm. Kortdraers behoort nie dunner as 8 mm te wees nie. Wintersnoei kan in twee aksies (voorafsnoei of skoonsnoei gevolg deur die finale snoei) of in slegs een aksie (finale snoei) toegepas word. Voorafsnoei of skoonsnoei word gedoen om die finale snoei te vergemaklik. Tydens skoonsnoei word lote wat nie vir draers gebruik gaan word nie, verwyder. Doen skoonsnoei wanneer ten minste 80% van die blare geval het. Tydens stompsnoei (finale snoei) word dralote na die regte hoeveelheid oë teruggesny. Finale snoeidatums is belangrik. Dit kan botpersentasie en egaligheid van bot beïnvloed. Rusbreking Waterstofsiaanamied teen 2.5% ses weke voor die normale botdatum word aanbeveel vir vervroeging. Vir sterker en egaliger uitbot kan waterstofsianamied teen 5% drie tot vier weke voor normale botdatum aangewend word. Die gesamentlike effek van snoei en waterstofsiaanamied is nodig vir optimale rusbreking. Lees die etiket deeglik en gebruik met groot sorg. Waterstofsiaanamied is fitotoksies en sal

SATI RIGLYNE VIR DIE VOORBEREIDING VAN TAFELDRUIWE IN SUID-AFRIKA VIR UITVOER 13

Made with FlippingBook Annual report maker