SATI Beyond The Bunch 1st Quarter 2025

Infeksiedruk het beduidende gevolge vir wingerdgesondheid. Selfs die aggressiefste spuitprogram kan nie die situasie red wanneer die wingerd deur massas insekte en patogene oorrompel word nie – en chemiese opsies raak elke jaar minder. Meer spuit is dus nie die oplossing vir hoë infeksiedruk nie. Sanitasie is een van die effektiefste maniere om hoë infeksiedruk te verhoed. Dit behels hoofsaaklik die verwydering en vernietiging van materiaal waarin insekte en patogene vermeerder of oorwinter. Deeglike sanitasie is noodsaaklik vir die beheer van sekere stamsiektes en insekte sowel as die voorkoming van naoesbederf.

Waarom saniteer?

Stamsiektes Wingerdsanitasie is onontbeerlik om die verspreiding van stamsiektes te keer. Stamsiektes (Tabel 1) is swam infeksies wat in wingerdstokke se vaatweefsel ver meerder en die plante se sapvloei belemmer. Simp tome kan abnormale blare, swak groei, geleidelike agteruitgang, gedeeltelike terugsterwing en skielike vrektes insluit. Bestaande infeksies kan nie chemies behandel word nie so dit is veel beter om stokke teen swamsiektes te beskerm as om reeds geïnfekteerde stokke te probeer bestuur. Hoe versprei stamsiektes? Swamme versprei hoofsaaklik deur spore. Die spoor vormende strukture van meeste stamsiektepatogene kom op die oppervlak van geïnfekteerde plantweef sel voor. Spoorvrystelling gaan dikwels met reënerige of bedompige weer gepaard. Spore kan deur wind, waterdruppels en insekte oorgedra word. Die swamme dring die stokke primêr deur snoeiwon de binne. Dormante stokke is veral vatbaar omdat hul snoeiwonde stadig genees. Stokke raak minder vatbaar nader aan die lente soos wat hul vermoë om snoeiwonde te genees toeneem. Navorsing het egter gevind dat snoeiwonde vir tot twee jaar vat baar kan bly. Groter snoeiwonde is oor die algemeen meer vatbaar vir infeksie as kleiner snoeiwonde. Dit maak sin omdat groter wonde ’n groter oppervlak bied vir spore om op te land. Baie stamsiektepatogene is nie kieskeurig wanneer dit by gasheerplante kom nie. In Suid-Afrika is swamme wat wingerdstokke aanval byvoorbeeld al ook in steen- en kernvrugbome gevind. Geïnfekteerde stok ke binne die wingerd is egter by verre die grootste bron van spore.

Daarby kan die stamsiektepatogene aanhou oorleef en spore genereer op dooie hout. Dit help dus geen sins om geïnfekteerde stokke te snoei en die materiaal in die wingerd te los nie. Sommige stamsiektes word deur geïnfekteerde kwe kerymateriaal versprei. Ons fokus hier is op wingerd sanitasie maar hou in gedagte dat ’n skoon wingerd by gesonde plantmateriaal moet begin.

ADOBE STOCK

Tipiese blaarsimptome van esca.

BEYOND THE BUNCH • 5 • KWARTAAL 1 • 2025

Made with FlippingBook flipbook maker