SATI Beyond The Bunch 1st Quarter 2025
SATI Research Booklet
Quarter 1
BEYOND
2 0 2 5
FOKUS OP: Sanitasie
2025
T A B L E
T A L K
GET YOUR TICKETS NOW CONVERSATIONS
BEYOND
A SATI PUBLICATION
About Beyond the Bunch This quarterly publication aims to serve as a science-based resource for the South African table grape industry. Each edition will feature an article exploring a topic or questions raised by industry, with links to related additional reading. Submit your topic or questions Producers and industry stakeholders are encouraged to suggest scientific or technical questions or topics of interest. We will strive to address as many of these as possible. Feature your brand SATI invites interested businesses and organisations to sponsor this publication. Sponsorship includes a banner and full page advert in the applicable edition. An advertorial option is available. Contact denene@satgi.co.za to feature your brand. Email tarryn@satgi.co.za to submit your request.
5
2
0
Presented in partnership between SATI and SASEV
2
K
L
30 • 07 Kakamas
01 • 08 Paarl
28 • 07 Groblersdal
A
E
T
T
A
L E
O V
B
N
T A
N
I
N
&
A
E
V
T
I
G
A
Creating a platform to explore topics impacting the table grape industry
WINGERD- SANITASIE Sanitasie is die geheime wapen in tafeldruifprodusente se stryd teen verskeie algemene wingerdpeste en -siektes.
DEUR ANNA MOUTON
ADOBE STOCK
Stamsiektes kan abnormale loofontwikkeling veroorsaak.
Infeksiedruk het beduidende gevolge vir wingerdgesondheid. Selfs die aggressiefste spuitprogram kan nie die situasie red wanneer die wingerd deur massas insekte en patogene oorrompel word nie – en chemiese opsies raak elke jaar minder. Meer spuit is dus nie die oplossing vir hoë infeksiedruk nie. Sanitasie is een van die effektiefste maniere om hoë infeksiedruk te verhoed. Dit behels hoofsaaklik die verwydering en vernietiging van materiaal waarin insekte en patogene vermeerder of oorwinter. Deeglike sanitasie is noodsaaklik vir die beheer van sekere stamsiektes en insekte sowel as die voorkoming van naoesbederf.
Waarom saniteer?
Stamsiektes Wingerdsanitasie is onontbeerlik om die verspreiding van stamsiektes te keer. Stamsiektes (Tabel 1) is swam infeksies wat in wingerdstokke se vaatweefsel ver meerder en die plante se sapvloei belemmer. Simp tome kan abnormale blare, swak groei, geleidelike agteruitgang, gedeeltelike terugsterwing en skielike vrektes insluit. Bestaande infeksies kan nie chemies behandel word nie so dit is veel beter om stokke teen swamsiektes te beskerm as om reeds geïnfekteerde stokke te probeer bestuur. Hoe versprei stamsiektes? Swamme versprei hoofsaaklik deur spore. Die spoor vormende strukture van meeste stamsiektepatogene kom op die oppervlak van geïnfekteerde plantweef sel voor. Spoorvrystelling gaan dikwels met reënerige of bedompige weer gepaard. Spore kan deur wind, waterdruppels en insekte oorgedra word. Die swamme dring die stokke primêr deur snoeiwon de binne. Dormante stokke is veral vatbaar omdat hul snoeiwonde stadig genees. Stokke raak minder vatbaar nader aan die lente soos wat hul vermoë om snoeiwonde te genees toeneem. Navorsing het egter gevind dat snoeiwonde vir tot twee jaar vat baar kan bly. Groter snoeiwonde is oor die algemeen meer vatbaar vir infeksie as kleiner snoeiwonde. Dit maak sin omdat groter wonde ’n groter oppervlak bied vir spore om op te land. Baie stamsiektepatogene is nie kieskeurig wanneer dit by gasheerplante kom nie. In Suid-Afrika is swamme wat wingerdstokke aanval byvoorbeeld al ook in steen- en kernvrugbome gevind. Geïnfekteerde stok ke binne die wingerd is egter by verre die grootste bron van spore.
Daarby kan die stamsiektepatogene aanhou oorleef en spore genereer op dooie hout. Dit help dus geen sins om geïnfekteerde stokke te snoei en die materiaal in die wingerd te los nie. Sommige stamsiektes word deur geïnfekteerde kwe kerymateriaal versprei. Ons fokus hier is op wingerd sanitasie maar hou in gedagte dat ’n skoon wingerd by gesonde plantmateriaal moet begin.
ADOBE STOCK
Tipiese blaarsimptome van esca.
BEYOND THE BUNCH • 5 • KWARTAAL 1 • 2025
a) Oopgesnyde snoeiwond met swart strepe as gevolg van Phaeomoniella chlamydospora infeksie. b) Gesonde snoeiwond sonder infeksie.
LIZÉL MOSTERT | UNIVERSITEIT STELLENBOSCH
LIZÉL MOSTERT | UNIVERSITEIT STELLENBOSCH
Simptome van stamsiektes in kordonarms. a) Petrisiekte wys swart spikkels in die xileem vaatweefsels. b) Esca wys houtverotting in die binnekant en bruin hout verkleuring rondom.
TABEL 1. Algemene stamsiektes in Suid-Afrikaanse wingerde.
Naam
Engelse naam
Verteenwoordigende patogene*
Esca Beroerte of apopleksie
Phaeomoniella chlamydospora Phaeoacremonium minimum
Esca
Cadophora spesies Phaeoacremonium spesies Phaeomoniella chlamydospora Pleurostoma richardsiae
Petrisiekte
Petri disease
Phomopsis dieback Dead arm
Streepvlek
Diaporthe ampelina
Tandpyn Terugsterwing
Botryosphaeria dieback
Botryosphaeria spesies
Tandpyn Terugsterwing
Eutypa dieback
Eutypa lata
*wingerdstamsiektes is siektekomplekse wat elkeen deur verskeie verskillende swamme en selfs meer as een gelyk veroorsaak kan word. Slegs sommiges word hier gelys.
BEYOND THE BUNCH • 6 • QUARTER 1 • 2025
Naoesbederf en verwante toestande Besmetting met botritis en sommige ander opportu nistiese swamme (Tabel 2) in die wingerd kan jong groei en blomme beskadig en tot naoesbederf lei. Alhoewel chemiese toedienings en goeie naoesprak tyke die kern van beheer vorm moet die bydra van wingerdsanitasie in die voorkoming van naoesbederf nie onderskat word nie. Hoe versprei botritis? Botritis is ’n veelsydige swam wat op ’n wye reeks lewende en dooie plantweefsel kan groei. Gevolg lik is botritis wêreldwyd ’n belangrike oorsaak van naoesbederf in vars vrugte en groente. In wingerde oorwinter botritis graag in geïnfekteerde trosse. Dit kan ook op dooie blare en selfs onkruide oorleef. Spoorvrystelling geskied gewoonlik in die lente tydens vogtige toestande met gematigde temperature. Spore word meestal deur lugbeweging versprei. Indien hulle
op ’n gunstige oppervlak land kan spore dadelik ont kiem of onaktief bly. Trossies is vanaf blom tot en met trostoemaak uiters vatbaar vir botritis infeksie. Botritis wissel tussen aktiewe groei en onaktiwiteit. Blomtrosinfeksies word dikwels deur onaktiwiteit ge- volg totdat die korrels genoegsame suikers be vat om swamgroei te stimuleer. Onder gunstige toestande kan die infeksie soos ’n veldbrand van af een besmette korrel na die hele tros versprei. Aktiewe infeksies genereer ’n magdom spore wat naburige trosse kan besmet. Die risiko van infeksie ver groot met rypwording asook enige korrelskade. Nuwe wondinfeksies kan binne ’n week tot spoorproduksie vorder. Nuwe trosinfeksies kan ook plaasvind wanneer geïnfekteerde trosse spore in die pakhuis vrystel. Produsente kan nie net op chemiese wapens staat maak om botritis te bestry nie. Toepaslike verbouings praktyke en wingerdsanitasie moet deel vorm van hulle arsenaal.
Tabel 2. Algemene tipes bederf in Suid-Afrikaanse tafeldruiwe.
Naam
Engelse naam
Verteenwoordigende patogene*
Bloumuf
Blue mould
Penicillium expansum
Botritisvrot Vaalvrot
Grey mould
Botrytis cinerea
Alternaria spesies Aspergillus spesies Cladosporium spesies Penicillium spesies Rhizopus spesies
Trosvros Suurvrot
Bunch rot Sour rot
*verskeie verskillende swamme kan bederf veroorsaak. Slegs sommiges word hierbo gelys. Bakterieë en giste kan ook tot bederf bedra.
Wat van ander bederfpatogene? Meeste swamme wat tafeldruifbederf ver oorsaak kan in geïnfekteerde wingerd weefsel soos lote en mummies oorwinter. Korrels en trosse wat toegelaat word om in die wingerd te vrot is ook ’n bron van bakterieë en giste wat onder andere deur asynvlieë rondgedra word en tot sekondêre wondinfeksies bydra.
ABRAHAM VERMEULEN
Botritis is ’n algemene oorsaak van bederf.
BEYOND THE BUNCH • 7 • KWARTAAL 1 • 2025
Peste Vrugtevlieë ( Ceratitis spesies) en valskodlingmot ( Thaumatotibia leucotreta ) is die twee vernaamste peste wat by swak wingerdsanitasie baat. Beide lê eiers in ryp vrugte en hul larwes kan aanhou ontwikkel selfs na korrels grond toe geval het. Hul papies kan in uitgedroogde vrugte aan stokke of op die wingerd vloer oorwinter.
Hoe groei insekbevolkings? Die lewensiklus van insekpeste is van temperatuur af hanklik. Vrugtevlieë voltooi hul lewensiklus in ongeveer drie weke in warm weer. Valskodlingmotte neem ongeveer vier weke. Beide peste kan dus veelvuldige generasies in een seisoen voltooi. Saamgestelde rente is ’n nuttige model om insek- bevolkings te verstaan – die grootte en tydsbereke ning van die aanvanklike belegging maak ’n wesen like verskil. ’n Spul bestaande volwasse peste binne die wingerd vroeg in die lente gaan teen oestyd tot ’n baie groter bevolking lei in vergelyking met ’n klompie volwasse peste wat later in die seisoen van buite inkom. Suid-Afrikaanse navorsing oor vrugtevliegbevolkings in vrugteboorde het gewys dat bronne van vlieë binne boorde sowel as huistuine of alternatiewe gashere die oorsprong van brandpunte was. Ander vrugsoorte en alternatiewe gashere kan dus die druk op tafeldruif wingerde verhoog.
Wingerdsanitasie is belangrik vir die beheer van vrugtevlieë en valskodlingmotte.
LNR INFRUITEC-NIETVOORBIJ
PIA ADDISON
Sanitasiepraktyke
Vegetatiewe materiaal Praktyke rondom snoei kan die risiko van veral stamsiek tes op twee maniere verlaag. Eerstens kan bronne van spore verwyder word en tweedens kan stokke teen nuwe infeksies beskerm word. Enige geïnfekteerde materiaal is ’n moontlike bron van spore. Begin deur geïnfekteerde materiaal tydens win tersnoei weg te sny. Hou in gedagte dat infeksies nie noodwendig sigbaar is nie en beskou dus enige dooie houtagtige materiaal as verdag. Stokke met stamkankers kan herstellend gesnoei word deur geaffekteerde hout sowel as ongeveer 10–15 cm van die aanliggende normale hout weg te sny. Indien die hoofstam kankers het wat nie lyk asof dit met snoei
herstelbaar is nie, is die veiliger opsie om die stokke met hulle wortelstelsel te verwyder. Dit is ook ’n goeie idee om gedurende die groeiseisoen enige lote met blaarsimptome van stamkankerinfeksies te identifiseer sodat die geïnfekteerde kordonne in die winter verwyder kan word. ’n Plaasvervanger kan reeds geduren de die seisoen vanaf gesonde weefsel opgelei word. Swamme oorleef en vorm spore op snoeimateriaal – dit maak nie saak of die geïnfekteerde hout aan die stok sit of op die wingerdvloer lê nie. Houtagtige snoeimateriaal met ’n deursnit van meer as 3–4 cm moet uit die wingerd geneem en verbrand word. Dit moet beslis nie in ’n hoop langs die wingerd lê nie.
BEYOND THE BUNCH • 8 • QUARTER 1 • 2025
is lank genoeg dat enige swaminfeksies met die tweede snoei weggesny sal word. Die uiteindelike tappie bly dus skoon. Indien groot snoeiwonde onvermydelik is moet hulle met biologiese beskerming of wondseëlaars behandel word sodat hulle nie net weer geïnfekteer word nie. Dit is oor die algemeen ’n goeie praktyk om gesonde wingerde voor wingerde wat enige siektes het te snoei sowel as om jong wingerde voor ouer wingerde te snoei. Ontsmet snoeiskêre tussenin met alkohol of ’n geregistreerde kwaternêre ammonium produk.
Vrugte Druiwe moet nooit in die wingerd agterbly nie. On geoeste vrugte en natrosse is ’n teelaarde vir peste en siektes. Korrels op die wingerdvloer skep ideale toe stande vir oorwintering van onvolwasse vrugtevlieë en valskodlingmotte en swamme soos botritis. Produsente moet dus verseker dat wingerde na oes skoongepluk word. Mummies moet altyd verwyder word. Vernietig vrugte wat totaal onbruikbaar is deur dit te verbrand of te begrawe. Naburige stapels vrot vrugte stel wingerdgesondheid in gevaar. Sanitasie vir die beheer van naoesbederf moet reeds begin wanneer vrugte ongeveer 10–12 °Brix bereik. Moniteer weekliks vir botritis veral indien reëns of ander faktore soos baie digte trosse die risiko verhoog. Enige korrels met tekens van bederf moet uitgeknip word. Versamel die korrels in ’n houer sodat dit nie op die grond val en wolke spore afgooi nie. Verwy der dit uit die wingerd en vernietig dit. Deur vroeg tydig geïnfekteerde korrels aan te spreek word die infeksiedruk later in die seisoen noemenswaardig verlaag. ’n Paar geïnfekteerde korrels kan teen oestyd tot wyd verspreide bederf lei. Dit lei dan weer tot vertragings op die paklyn en besmetting van die pakhuis. Ver tragings in die oesvloei beteken dat die res van die vrugte langer hang en hoër suikers ontwikkel wat hul net nog meer vatbaar vir bederf maak. Ten spyte van deeglike beheer kan daar nog steeds trosse met bederf teen oestyd in sekere blokke wees. Oes selektief deur eers alle skoon trosse te pluk en te pak voordat trosse met bederf hanteer word. Los onbruikbare trosse tot alle verpakbare druiwe geoes is. Sodoende word kontaminasie van die pakhuis tot die minimum beperk. Plukkiste word gewoonlik gereeld deeglik ontsmet – ontsmet ook skêre met alkohol of ’n geregistreerde kwaternêre ammonium produk. Werkers behoort ook hulle hande te ontsmet met ’n produk wat aan voed selveiligheidvereistes voldoen. Dunner snoeilote kan fyngekap word en as ’n deklaag in die werksry of op die bankie gebruik word. Moet dit egter nie heel los nie. Benewens swamme kan dit ook as ’n bron van stamboorders dien. Die risiko van nuwe staminfeksies kan deur korrekte snoeipraktyke verminder word. Baie swamme versprei makliker in nat weer so moenie snoei as dit reënerig is nie. Snoeiwonde genees vinniger wanneer stokke aktief begin groei. Die risiko van infeksies is daarom minder hoe nader aan die lente gesnoei word. Dubbelsnoei help om stamsiektes te voorkom. Die gedeelte van die loot wat na die eerste snoei agterbly
Verwyder alle mummies om die opbou van swamme en insekpeste te verhoed.
ADOBE STOCK
BEYOND THE BUNCH • 9 • KWARTAAL 1 • 2025
Ander praktyke Die verwydering van geïnfekteerde hout en vrugte is die belangrikste aspek van wingerdsanitasie maar produsente kan hul risiko deur addisionele praktyke verlaag. Vrugtevlieë en valskodlingmotte benut ’n wye reeks gasheerplante. Haal naburige alternatiewe gashere uit of plaas lok-en-dood produkte in die alternatiewe gashere. Alternatiewe gashere kan gespuit word maar dit sal voordelige insekte benadeel. Witluise is vektore vir rolblaar-geassosieerde virusse. Witluise kan maklik deur menslike aktiwiteit tussen wingerde versprei word. Dit is een rede waarom aksies soos snoei eers op gesonde en jong wingerde en dan op geïnfekteerde en ouer wingerde gedoen
moet word. Hou ook toerusting en werkers se uitrusting skoon. Gesonde grond met hoë biologiese aktiwiteit sal die ontbinding van blare en ander wingerdweefsel bespoedig wat kan help om die vermeerdering van ongewenste swamme te onderdruk. Laastens is dit belangrik om met chemiese beheer van peste en siektes naoes vol te hou. Die pes- en siektebevolking aan die einde van die seisoen be paal grootliks die infeksiedruk waarmee produsente die volgende lente moet worstel. Begin dus die nuwe seisoen reg deur wingerdsanitasie deel te maak van ’n geïntegreerde benadering tot gewas beskerming.
Erkenning Dankie aan die volgende deskundiges vir hulle bydra tot hierdie artikels: • Prof. Pia Addison. Departement Bewaringsekologie en Entomologie. Universiteit Stellenbosch. • Petrie de Kock. Streeksverkoopsbestuurder wingerd: Wes- en Noord-Kaap. BASF. • Anné Matthee. Bestuurder ontwikkelingsproewe: Wes-Kaap. BASF. • Prof. Lizél Mostert. Departement Plantpatologie. Universiteit Stellenbosch. • Barend Mouton. Wingerdkundige konsultant. Grape Guidance.
BEYOND THE BUNCH • 10 • QUARTER 1 • 2025
BEYOND
Beyond the Bunch editions are published quarterly as follows: March, June, September and December
ADVERTISING OPPORTUNITIES
BEYOND
LAEVELD SCOUT
A SATI PUBLICATION
About Beyond the Bunch This quarterly publication aims to serve as a science-based resource for the South African table grape industry. Each edition will feature an article exploring a topic or questions raised by industry, with links to related additional reading. Submit your topic or questions Producers and industry stakeholders are encouraged to suggest scientific or technical questions or topics of interest. We will strive to address as many of these as possible. Feature your brand SATI invites interested businesses and organisations to sponsor this publication. Sponsorship includes a banner and full page advert in the applicable edition. An advertorial option is available. Contact denene@satgi.co.za to feature your brand. Email tarryn@satgi.co.za to submit your request.
FULL PAGE ADVERT 210 mm wide x 297 mm high (indicated as light grey colour). Please supply final CMYK PDF, no crop marks, no bleed.
Geel lokvalle is vir alle blaaspootjies aantreklik.
BERLIN, 2025 5-7 FEBRUARY GET YOUR TICKETS NOW BANNER ADVERT 420 mm wide x 55 mm high (indicated as light grey colour). Please supply final CMYK PDF, no crop marks, no bleed.
Rates per edition as follows: RATES AND DISTRIBUTION
Advertising only: R7 500 per edition (includes banner advert on inside front cover & full page advert on inside back cover). Advertorial: R12 500 (includes both the above advertising opportunities and a relevant industry article written by the advertiser).
R7 500
R12 500
There is an option to book space in more than one edition at a time – a package rate can be offered depending on the request. Enquiries: denene@satgi.co.za
PROUDLY PRESENTED BY
BEYOND THE BUNCH • 11 • KWARTAAL 1 • 2025
VERWYSINGS EN LEESSTOF
CONTACT US FOR SPONSORSHIP ENQUIRIES: Feature your brand. denene@satgi.co.za
CONTACT US FOR CONTENT ENQUIRIES: Submit your topic or question. tarryn@satgi.co.za
SA Vrugtejoernaal artikels. www.safj.co.za
Fourie J en Louw P. 2021. A disease-risk monitoring tool for the table grape industry. SAFJ Aug|Sep 2021, pp106–108.
Holz G. 2019. The ecology of Botritis cinerea in grape bunches. SAFJ Aug|Sep 2019, pp58–59.
Mouton A. 2024. Prevent postharvest losses. SAFJ Dec 2024| Jan 2025, pp58–59.
Mouton A. 2024. Grapevine trunk diseases. SAFJ Aug|Sep 2024, pp70–71.
SATI se pamflette oor vrugtevlieë, valskodlingmotte en botritis is aanlyn beskikbaar. Dit is deel van hulle reeks oor wingerdpeste en -siektes.
Gramaje et al. 2017. Managing grapevine trunk diseases with respect to etiology and epidemiology: Current strategies and future prospects. Plant Disease 102(1) pp12–39.
Neem asseblief kennis dat hierdie lys nie volledig is nie. Ons is bewus daarvan dat ander hulpbronne kan bestaan.
BEYOND THE BUNCH • 12 • QUARTER 1 • 2025
Made with FlippingBook flipbook maker