SATI Beyond The Bunch 1st Quarter 2024

Aktiewe wingerd wortelgroei vind direk onder die houtspaan der deklaag plaas.

ANNA MOUTON

Gaan bewaringslandbou my in staat stel om chemie te verminder? Ja en nee. Dit hang af van die tipe chemie maar meestal nee. Verbeterde grondvrugbaarheid sal die be hoefte aan kunsmis definitief verlaag. Dit is egter moeiliker om byvoorbeeld stikstofvlak ke te bestuur omdat natuurlike stikstofvrys telling in die grond tydens veral warmer weer plaasvind. Produsente gaan dus stikstofvlak ke noukeurig moet moniteer om sodoende enige toedienings betyds te staak. Dit blyk dat grondgedraagde probleme soos plantpatogene aalwurms deur bewar ingslandboupraktyke onderdruk word. Che miese aalwurmbeheer kan in sekere gevalle heeltemal gestaak word. Bogrondse siektes en plae word egter nie noemenswaardig beïnvloed nie. Dit is wel so dat die wingerdstokke in bewaringsland bou gesonder is en minder peste lok maar chemiese gewasbeskerming bly merendeels dieselfde as vir wingerde wat konvensioneel bestuur word. Op hierdie stadium is daar nie goeie bewyse dat dekgewasse natuurlike predatore gen oegsaam bevorder dat dit ’n betekenisvol le uitwerking op peste in wingerd het nie. Sekere dekgewasse mag inteendeel peste bevorder – verwys na die blaaspootjie voor beeld hierbo – en produsente mag dus vind dat graandekgewasse die veiligste opsie is.

Hoe verhoog bewaringslandbou grondvrugbaarheid? Vrugbaarheid kan as die produktiwiteit van die grond gedefinieer word – kan dit jaar na jaar ’n goeie oes met minimale insette lewer? Organiese materiaal verhoog grondvrugbaarheid op vele maniere: • Verbeter grondstruktuur wat kompaksie teenwerk en die beweging van water en wortels deur die grond vergemaklik. Waterinfiltrasie is beter en afloop is minder. • Verhoog waterhouvermoë wat wateropname deur die wingerd verhoog en waterverliese as gevolg van afloop verminder. Beter waterhouvermoë beteken daarby makliker besproeiingskedulering. • Verbeter beskikbaarheid van voedingstowwe. Orga niese materiaal bevorder biologiese aktiwiteit in die grond wat die vrylating en opname van makro- en mikro-element dryf. • Onderdruk skadelike organismes soos plantpatogene aalwurms deur groter getalle en diversiteit van grond organismes te handhaaf. Suid-Afrikaanse gronde is geneig om minder organiese materiaal te bevat omdat ons warm klimaat die afbraak van organiese materiaal versnel. Dit is egter ongetwy feld moontlik om organiese materiaal op te bou – pro dusente van allerlei gewasse het dit al talle male bewys. Tegnies gesproke is organiese materiaal en grondkoolstof nie identies nie maar vir praktiese doeleindes is hulle die selfde. Die implikasie is dat verhoogde organiese mate riaal ’n manier is om koolstof in die grond vas te vang en derhalwe koolstofdioksied uit die atmosfeer te verwyder. Vasvanging van koolstof in die grond is dus nie net goed vir die plant nie – dit help ook met klimaatsverandering.

BEYOND THE BUNCH • 7 • KWARTAAL 1 • 2024

Made with FlippingBook flipbook maker