SATI Beyond The Bunch 1st Quarter 2024

Hoe kan produsente organiese materiaal in die grond verhoog?

Dekgewasse Dekgewasse is plante wat saam met die kommersiële gewas groei met die spesifieke doel om produksie op een of ander manier te ondersteun. Bewaringsland bou fokus op die grondvrugbaarheidsaspekte maar dekgewasse kan ook ander funksies verrig soos om byvoorbeeld stof te beheer. Dekgewasse bied al die voordele van deklae en nog meer. Lewende plante stuur self wortels en organiese materiaal in die grond in waar deklae op grondor ganismes staatmaak om die organiese materiaal in te werk. Plantwortels verbeter ook grondstruktuur deur die grond te belug en kompaksie teen te werk. In teenstelling met kompos en deklae is dekgewasse relatief goedkoop – dekgewasse is basies ’n deklaag wat in plek gekweek word. Die saai van ’n deklaag is waarskynlik die maklikste manier vir produsente om met bewaringslandbou te begin. Hou die volgende in gedagte: • Dit mag nodig wees om hardnekkige of probleem onkruide chemies te onderdruk voordat die dek gewas die eerste maal gevestig word. • Bewerk die grond in gevestigde wingerde voor dat dekgewasse die eerste keer gesaai word. Die grond word daarna nie weer versteur nie. • Saai in die herfs en rol die dekgewas plat voordat die wingerd in die lente weer uitloop. Platrol is beter as sny omdat die platgerolde dekgewas die grond meer effektief bedek en beskerm. • Eksperimenteer om die beste spesies vir ’n spe sifieke perseel te vind. ’n Mengsel van twee na drie spesies is dikwels meer suksesvol as ’n enkele spesies. Wees versigtig vir dekgewasse wat blom aangesien hulle blaaspootjies kan lok. • Wees gereed om aanvanklik jaarliks dekgewasse te saai. Na ongeveer vyf jaar kan daar ’n genoeg same toename in natuurlike grasse wees dat saai nie meer nodig is nie. • Die wingerd gaan anders lyk – moenie streef na oormatige netheid en al die goeie werk tot niet maak deur chemiese onkruiddoders te spuit nie. Bestuur mettertyd die onkruid met behulp van dekgewasse af. Dekgewasse is nog steeds gewasse en daar gaan ’n leerkurwe vir elke situasie wees. Meer inligting is beskikbaar in die boek Cover Crops in South African Vineyards wat vanaf SATI verkrygbaar is.

Die onderliggende beginsel is om meer by te sit en minder te verloor. Laasgenoemde kom op minimale grondversteuring neer – vermy dus enige vorm van bewerking. Organiese materiaal word hoofsaaklik in die vorm van kompos, deklae, en dekgewasse bygesit. Kompos Kompos is organiese materiaal wat reeds afgebreek is. Dit kan van amper enigiets organies gemaak word: snoeisels, tuinvullis, kraalmis, en seebamboes is algemene bestanddele. Die verhouding tussen stik stof- en koolstofryke bestanddele en die voginhoud van die mengsel is kritiek vir suksesvolle kompostering. Komposhope moet ook warm genoeg word om on kruidsade en ongewensde mikrobes te vernietig. Kompos kan in plantgate of as deklaag gebruik word. Dit blyk veral voordelig vir jong plante te wees. Die voordeel van kompos is die geweldige aantal grondmikrobes wat daarmee saamkom. Selfs ’n rela tiewe klein hoeveelheid kompos kan die biologiese aktiwiteit in die grond ’n hupstootjie gee. Die nadele van kompos sluit in dat dit vinnig verdwyn omdat dit reeds grootliks afgebreek is. Dit is ook rela tief duur en soms skaars maar produsente kan nat uurlik self kompos maak. Ongeag die bron behoort hulle ’n ontleding van die kompos te bekom sodat hulle weet wat die impak op grondvoedingstowwe en -balans gaan wees. Deklae ’n Deklaag is presies soos die naam sê: enige bedek king op die grond. Dit hoef nie organiese materiaal te wees nie maar slegs ’n organiese deklaag sal die organiese materiaal in die grond verhoog. Orga niese deklae verhoog ook waterinfiltrasie, verminder verdamping, onderdruk onkruid, en stabiliseer grond temperatuur. Algemene voorbeelde van deklaagmateriale is hout spaanders en strooi. Kompos kan alleen of in kombi nasie met ander organiese materiaal as ’n deklaag gebruik word. Bedekking van kompos met ’n ander organiese deklaag skep ’n meer gunstige omgewing vir die grondorganismes in die kompos. Houtspaanderdeklae hou langer as strooi. Beide het egter dieselfde koste- en beskikbaarheidsbeperkings as kompos. Produsente kan ou wingerdstokke na ’n deklaag verwerk maar wees bedag op die risiko van stamkankers – sommige wingerdpatogene kan moontlik op dooie hout in die wingerd voortplant en snoeiwonde infekteer.

BEYOND THE BUNCH • 6 • QUARTER 1 • 2024

Made with FlippingBook flipbook maker