SATI Beyond The Bunch 1st Quarter 2024

BEWARINGS- LANDBOU IN KORT

Wat is dit en watter voordele kan produsente realisties verwag?

Daar is uitstekende redes waarom tafeldruifprodusente bewaringslandboupraktyke moet oorweeg maar dit gaan nie alle probleme rondom volhoubaarheid oplos nie. Hierdie oorsig beantwoord vrae wat SATI van tafeldruifprodusente ontvang. DEUR ANNA MOUTON

Kan ek diere in my wingerd inbring?

Is bewarings- en herlewings landbou dieselfde? Amper. Beide poog om grondvrugbaarheid deur sekere praktyke te bevorder. Bewaringslandbou steun op minimale grondversteuring, permanente grondbedekking, en handhawing van plant diversiteit. Herlewingslandbou is al drie hierdie beginsels plus die integrasie van diere. Beide tipes landbou mik om die hoeveelheid or ganiese materiaal en biologiese aktiwiteit in die grond te verhoog.

In teorie, ja. Dit is egter baie makliker om dieremis by kompos te voeg en dit in die wingerd in te bring. Dieremis is die primêre voordeel wat diere na die wingerd bring. Sommige diere – soos eende – het ook die voordeel dat hulle peste vreet. Ander – soos skape – het weer die nadeel dat hulle wing erd vreet en infrastruktuur soos besproeiing kan beskadig. Diefstal en roofdiere is in sommige areas problematies. Meer as een produsent se wingerd diere het ook al ontsnap en sonde met die bure veroorsaak.

BEYOND THE BUNCH • 5 • KWARTAAL 1 • 2024

Made with FlippingBook flipbook maker