La Rochelle Yearbook 2025
JAARVERSLAG
Akademie
of Education to address this pressing need. The School Governing Body will, therefore, have to think creatively and explore innovative ways to raise the necessary funds to ensure that La Rochelle continues to offer a quality learning environment for every learner. As we look back on a year of substantial maintenance and forward to new developments, we do so with deep appreciation for all who contribute to keeping La Rochelle beautiful, functional and visionary. AKADEMIE Die matrieks van 2024 het ons stoutste verwagtinge oortref. Die 115 kandidate het weer eens vir ’n 100% slaagsyfer gesorg met ’n klasgemiddeld van 75,6% en ’n B-graad toelating van 98% en 39 gemiddelde A’s. Wat die uitslae nog meer merkwaardig maak is die feit dat die Larries in die kategorie van die meeste onderskeidings per kandidaat behaal, nasionaal 9 de geplaas word met ’n gemiddeld van 3,1 vak-A’s per leerder. Die vakke wat besonder goed gevaar het met die persentasie onderskeidings vir die betrokke vak en wat deur die Skole Ondersteuningsentrum vereer is, is as volg: Afrikaans Huistaal (3 de nasionaal), Fisiese Wetenskappe (12 de ), Ingenieursgrafika en -Ontwerp (18 de ), Engels Eerste Addisionele Taal (2 de ) en Wiskunde (17 de ). Drama word aangewys as die nommer 1 in die Wes-Kaap met ’n gemiddeld van 89,1%. Kelsey van Sitters is 5 de in die provinsie vir Drama. Op 30 Januarie 2025 word La Rochelle by Leeuwenhof vereer en word die 2024 matriekklas 12 de op die Wes Kaap Onderwysdepartement se top 20-lys geplaas. Baie geluk aan ons Dux-leerder, Erin Meyer, met haar 8 onderskeidings en ’n gemiddeld van 92,71%. Die Akademiese Prestige Toekenningsaand het op 21 Januarie 2025 in die En Avant-sentrum plaasgevind. Tydens hierdie geleentheid is die matrieks van 2024 vir hul uitstekende prestasies in die Nasionale Senior Sertifikaat eksamen vereer, terwyl die huidige graad 9–12 leerders erekleure vir akademiese uitnemendheid ontvang het. Ons toegewyde onderwysers volg ’n gebalanseerde benadering deur beproefde onderrigmetodes te kombineer met innoverende e-leer tegnieke om te verseker dat ons leerders ’n holistiese en moderne opvoeding ontvang. Die verbintenis tot beide tradisionele en hedendaagse onderrigpraktyke stel ons leerders in staat om ’n omvat tende stel vaardighede en kennis te ontwikkel, wat hulle voorberei vir die uitdagings van die toekoms. Ons is trots op die skool se voortdurende strewe om onderwys van die hoogste gehalte aan elke leerder te bied. ’n Verder uitstekende akademiese prestasie in Gasvry_ heidstudies: Suné Kruger (graad 12), ontvang ’n Gasvryheid studies Olimpiade-sertifikaat as die Nasionale Toppresteerder in die Wes-Kaap met ’n persentasie van 92%. On 10 April, Mmes Luzanne Oosthuizen and Soné Ackerman accompanied the Grade 10 English First Additional Language learners on a visit to the Cape Town Holocaust Centre. The learners, who had been studying ‘The Play of the Diary of Anne Frank ’ as their prescribed drama, were guided through the permanent exhibition which combines
District Six
Graad 12 (2024) Top 3
Holocaust Centre
The National English Olympiad
Leeuwenhof
WCED Visual Arts Competition
Varsity College Quiz
Wiskunde Olimpiade
Wiskunde UCT kompetisie
Skole ondersteu ningsentrum toekenning (SOS)
Hoër Meisieskool La Rochelle | Girls’ High School | 7
Made with FlippingBook - Online catalogs