La Rochelle Yearbook 2025
HOSTEL
‘Sisterhood is the thread that weaves hearts together, creating a tapestry of trust, laughter and lifelong memories.’ Leerders : Ons het die jaar met 231 leerders begin en sluit af met 226 dogters wat deel vorm van ons koshuiskultuur. Hierdie getalle weerspieël nie net groei nie, maar ook die stabiliteit en toewyding van ons koshuis-familie. ’n Spesiale dankie aan ons leiers, Jana Herselman en Ivy Ann Oates, wat met absolute Larrie-passie die dogters gelei het. Julle het nie net leiding geneem nie, maar ook ’n kultuur van betrokkenheid en trots gevestig. Elke aktiwiteit – van ontspanning tot kompetisie – is met sorg en kreatiwiteit beplan en aangebied. Julle het die standaard gestel vir wat dit beteken om ’n Larrie-leier te wees. Staff: At the end of 2024 we bid farewell to Mrs Sonnet Vorster as she embarked on her new journey of retirement. Her finesse and professionalism will forever be part of the hostel. We welcomed a few familiar faces to the Larrie hostel family: Ms Jonicia Blommetjies, Deputy Head Girl of the hostel in 2015, now resides in the main building, and is managing Discipline and Learner Schedules; Mr Quinton and Mrs Kacilia Meades have taken up residence in Eendracht; Mr PC and Mrs Lynique Beneke and Ms Michelle Dykman are Supervisors at our new hostel, Huis DC le Roux; Mrs Leanie Williams joined our kitchen staff and has already made a substantial difference. Ons koshuistannies – Tannies Lida , Wyna , Toekie , Christa en Christelle – het ’n werkswinkel, aangebied deur Mitchell Mesina van True Colors , bygewoon. Hierdie geleentheid was ’n eerste vir ons span en het belangrike temas soos spanwerk en selfbewustheid aangespreek. Dankie vir julle bereidwilligheid om te groei en te leer – julle is die ruggraat van ons koshuis.
Aan die einde van die jaar neem ons afskeid van Tannie Lida, wie se passie vir die instandhouding en mooi maak van ons tuine ’n merkbare nalatenskap agterlaat. Tannie, dankie vir alles wat jy vir La Rochelle se koshuis gedoen het – ons waardeer jou opreg. Projekte: Dankie aan me. D.C. le Roux vir haar visie en ondersteuning – ons is nou in staat om ’n addisionele koshuis te bou, naamlik die Navarre-Annex (amptelike naam volg). Hierdie koshuis sal 42 dogters huisves en ons kapasiteit en impak vergroot. Ons is ook dankbaar teenoor die Skoolbeheerliggaam vir die goedkeuring van die volgende projekte wat tans in aanbou is: Die plaveiselprojek aan die agterkant van die Hoofgebou, wat nie net die estetiese, maar ook die funksionaliteit verhoog, asook die uitbreiding van die ontvangsarea van die Hoofgebou, wat ’n meer verwelkomende en georganiseerde ruimte vir besoekers en personeel sal skep. Algemeen: Die Koshuisprefekte het hierdie jaar met flair en toewyding verskeie aktiwiteite aangebied wat die gees van samehorigheid in die koshuis versterk het. Dankie vir die suksesvolle aanbiedings van: Die Intergangswem; Cake and Body- kompetisie ; Broodeet-kompetisie en Oscarsaand. Vir die eerste keer ooit het Groengang die meeste kompetisies gewen – ’n prestasie wat beslis die ander gange sal motiveer om volgende jaar die leiding te neem. Watch this space ! Aan al die leiers: dankie dat julle gereeld aktiwiteite aangebied het wat ons dogters tuis laat voel het, en dat julle geleef het volgens julle leuse: ‘Sisterhood starts here.’ Ons is opreg dankbaar vir die Koshuiskomitee wat deur die jaar getrou insette gelewer het. Met julle hulp het ons ons eerste Ma-en-dogter Inbly-naweek gevier – ’n spesiale geleentheid waar mammas die koshuislewe kon ervaar. Die
KOSHUISPERSONEEL
Voor: Mevv. Julene Solomons, Geraldine Adonis, Leani Williams, mev. Lida Hendrikse (Koshuisbestuurder), mejj. Adéle Bothma (Superindendent), Jonicia Blommetjies (Hooftoesighouer), mev. Jessica Botha, mej. Schireline Lakey, mev. Suzanne Adonis Middel: Mnr. Leston Gordon, mnr. Averoll Adonis, mej. Jennilee Adriaanse, mev. Christel Hall, mej. Michelle Dykman, mev. Wyna Laubscher, mev. Anneline Samuels, mev. Carmen September, mev. Toekie van Vuuren, mej. Bernadette Andrews Agter: Mnr Brittle Williams (Feedem), mev. Lynique Beneke, mnr. Quinton Meades, mnr. PC Beneke, mej. Leonie Maree, mev. Christa Brittz, mej. Lindsay Whare (Feedem), mev. Odwa Mntonintshi
50 | Hoër Meisieskool La Rochelle | Girls’ High School
Made with FlippingBook - Online catalogs