La Rochelle Yearbook 2025

JAARVERSLAG

André en Marna van der Burgh het in 1999 deel geword van HMS La Rochelle se atletiek-afrigtingspan, en vir ’n merkwaardige tydperk van 26 jaar was hulle nou betrokke by die skool se atletiekprestasies. Hulle het ’n sleutelrol in die sukses van talle atlete gespeel, en was instrumenteel in die 4M-oorwinnings van 2002-2004, 2013-2018 en weer in 2020. Marna se kundigheid in hekkie-afrigting en haar betrok kenheid by die werwing en ontwikkeling van jong talent was van onskatbare waarde, terwyl André in naellope oor 100m, 200m en 400m gespesialiseer het. Vir beide was die groei en ontwikkeling van atlete ’n hartsaak en dryfveer. Onder hul leiding het La Rochelle-atlete jaar na jaar medaljes by die SA-kampioenskappe verower. Uit hul geledere het, onder andere sterre soos Gezelle Magerman, Marné van der Burgh, Elke van der Westhuizen, Katinka Louw, Milan Horn en Brenda du Toit voortgespruit om maar ’n paar te noem – atlete wat nie net aan Wêreld- en Afrika-spele deelgeneem het nie, maar daar ook medaljes verower het. Huidige atlete wat uitstekend presteer; Cara en Mia Wilson, Kylie Basson, Cubin Marthinussen, Enya Binneman en Zia du Toit. In 2017 het hulle ’n groep atlete vergesel en afgerig om aan die Penn Relays in Pennsylvania, VSA, deel te neem – ’n uitsonderlike mylpaal vir die skool. In 2025 het die span verder geskiedenis gemaak deur tot die internasionale finaal deur te dring en ’n indrukwekkende 6de plek te behaal. Buiten sy rol as afrigter was André ook betrokke by talle fondsinsamelingsprojekte om leerders finansieel sy haar BA Taal en Kultuur asook Honneurs in Duits verwerf. Sy onderrig Duits en Afrikaans en is betrokke by swem, debating, die Duitse Vereniging, asook oorsese uitruilprogramme. Mev. Marissa Herbst matrikuleer in 2009 aan La Rochelle. Sy studeer Toerisme en Toerismebestuur by CPUT, waar sy ook haar Nagraadse Onderwyssertifikaat verwerf. Sy onderrig Toerisme en Geskiedenis en is betrokke by netbal en sosiale funksies soos die Valentynsokkie. Gedurende Mei 2025 sluit mev. L’nanda le Roux by ons aan in die Lewenswetenskappe departement. Sy verwerf haar BSc-graad in Sportwetenskap en Honneurs in Sielkunde aan die Universiteit Stellenbosch en is ’n geregistreerde psigometris. Sy is betrokke by hokkie, die groenkomitee, leerderondersteuning en beroepsvoorligting. Gedurende 2025 groet ons die volgende personeel en ons is dankbaar vir die verskil wat hulle by La Rochelle gemaak het: Aftrede: Ons terreinbestuurder, mnr. Peter Whitmore; mev. Hannatjie Naude (Fisiese Wetenskappe); mev. Lida Hendrikse (koshuisbestuurder); mev. Christa Vos (Afrikaans Huistaal). Ons groet!

Mnr. Lodewyk Lüsse (Lewenswetenskappe) immigreer na Nieu-Seeland; me. Kirsty Nel (Drama) sluit aan by die Universiteit Stellenbosch; mev. Madri Muller (Musiek) sluit aan by Hoërskool Parel Vallei; me. Rentia Saayman (Wiskunde) sluit aan by Hoër Meisieskool Bloemhof; me. Leonie Maree (Fisiese Wetenskappe) keer terug na die privaatsektor; me. Melissa Swanepoel sluit aan by Laer Meisieskool La Rochelle se sportkantoor; me. Michelle Dykman (Engels Huistaal en Eerste Addisionele Taal) verhuis na Johannesburg en mev. Elmaire Swanepoel verhuis na Japan. Die ooievaar was baie besig gedurende hierdie jaar en ons verwelkom nie minder nie as 7 klein lyfies: Stella van mev. Shanje Maree, Fleur van mev. Carla Uys, Ella-Mae van mnr. en mev. Beneke, Asher van mev. Hannelien Groenewald, Hugo van mev. Anmari Davids, Luan van mev. Jané du Toit en Jani van mev. Leani Neethling. Ons vier ook die verlowings van Maryke Muller en Richard Marshall, Leoni Maree en Christiaan Visser en die huwelik van Annadene Malan en Michael Venter.

te ondersteun met toergelde na Amerika, waardeur hy verseker het dat talent nie deur omstandighede aan bande gelê word nie.

Deur die loop van 26-jaar was André en Marna nie net afrigters langs die baan nie, maar ook

belangrike rolspelers in die strategiese beplanning om HMS La Rochelle as gerekende atletiekskool te vestig. In hierdie 165ste bestaansjaar van La Rochelle is dit duidelik dat hulle nalatenskap diep spore laat. Hul toe wyding het onmiskenbaar bygedra tot die skool se visie om jong vroue toe te rus, te versterk en voor te berei vir ’n suksesvolle toekoms. Namens HMS La Rochelle, die personeel, oudleerders en elke atleet wie se lewe julle aangeraak het, sê ons dankie. Dankie vir ure langs die baan, elke opoffering, elke aanmoediging, elke traan, elke oorwinning – groot én klein. Julle het nie net kampioene ontwikkel nie, maar jong vroue met karakter en dissipline. Mag die nalatenskap wat julle geskep het voortleef in elke voetspoor op die tartan, elke medalje, en elke selfversekerde jong vrou wat haar potensiaal ontdek. Ons eer julle werk, julle passie en julle onwrikbare geloof in ons atlete. André en Marna – julle het ’n verskil gemaak wat nie gemeet of vergeet kan word nie. En Avant

Hoër Meisieskool La Rochelle | Girls’ High School | 5

Made with FlippingBook - Online catalogs