La Rochelle Yearbook 2025

ALUMNAE

Netbal & Hokkie teen Matrieks

Alumnae Gwenodine du Plessis, Marisa Calitz, Maria Bellmunt,

Sunette Swanepoel, Lydia Moller Afwesig: Mev. Karelien Venter

Alumnae TROTS en DANKBAAR . Dit is hierdie twee woorde wat eerste by my opkom wanneer ek dink aan 165 jaar van blom ! La Rochelle, die klein rots, vier vanjaar haar 165ste bestaansjaar. Watter voorreg om deel te kon wees van hierdie groot en besondere viering. Die naweek van 8 Augustus was ’n ware fees. Die Vrydagaand het afgeskop met ’n heerlike funksie waar Hannes van Wyk en Darren Green die dames vermaak het met staaltjies en humor. Die verrigtinge is afgesluit met ’n driegangmaal. Later die aand is die koshuisgange gevul met gelag en herinneringe tydens ’n oorslaap en word dae van lank-gelede weer lewendig herroep. Die Saterdagoggend het 260 oud-Larries bymekaargekom. Jaargroepe van 10, 15, 20, 30, 40 en selfs 50 jaar het heerlik saamgekuier en hul mylpale gevier. Dit was weereens ’n bevestiging van die ongelooflike band wat deur geslagte heen voortgedra word. Die skoolhoof, mev. Elsabé Conradie, het die skool se huidige gebeure gedeel, terwyl Lizette Murray (Vlotman, hoofdogter, 1970) ’n hartroerende huldeblyk aan mej. D.C. le Roux (Skoolhoof, 1963-1992) gelewer het. Die naweek se feesvieringe was beslis ’n hoogtepunt wat in die geskiedenisboeke opgeteken sal word. Voorwaar ’n skool waarop elke oud-leerder met trots kan terugkyk. En Avant , La Rochelle! Alumnae Komitee

146 | Hoër Meisieskool La Rochelle | Girls’ High School

Made with FlippingBook - Online catalogs