La Rochelle Yearbook 2025
NETBALL
Iselle Acker
Kaapse Wynland O/16 - O/19
Linné Retief & Liane Coetzee Natasha Watson & Maroné Uys
NETBAL O/14 WES-KAAP
NETBAL O/15 WES-KAAP
Voor: Eva Petersen, Jessica Darling, Isabelle Greyling
Voor: Samantha Olivier, Meacke Lawrence, Sibabalwe Ngcumbe Agter: Lara Van Deventer, Precious Amaechi
In 2025 het La Rochelle formeel aan ’n professioneel-gestruktureerde liga in die Kaapse Wynlandstreek deelgeneem. Altesaam agt skole het aan die A-liga deelgeneem en die prestasie van elke ouderdomsgroep se A-span het bepaal waar die skool in 2026 geplaas word. Plaaslike Liga: Die vertonings van die spanne wat in die onderskeie ouderdomsgroepe deelgeneem het, lyk as volg: o/14A – 2de; o/15A – 3de; o/16A – 4de; o/17A – 6de en o/18A – 3de. Op grond van hierdie uitslae het La Rochelle algeheel 3de in die liga geëindig en behou ons dus ons plek in die A-liga vir 2026. Hierdie prestasie weerspieël die diepte en potensiaal in ons netbalprogram en bied dit ’n stewige grondslag vir verdere groei. Provinsiale en Streeksprestasies: ’n Totaal van 12 dogters is vir die Wes-Kaapspanne gekies: o/14 – Eva Petersen, Isabelle Greyling en Jessica Darling; o/15 – Meacke Lawrence, Siba Ngcumbe, Amaechi Precious, Lara van Deventer en Samantha Olivier; o/18 – Maroné Uys, Thegan Kuyler, Natasha Watson en Iselle Acker. Me. Mandy Hermanus is as afrigter van die o/15 Wes-Kaapspan aangewys.
Thegan Kuyler
Nog ses Larries is in die onderskeie Kaapse Wynlandspanne ingesluit: o/14 – Liane Coetzee en Linnè Retief; o/15 – Mikayla Visser; o/16 – Hayley Calitz, Minette Retief en Kesha-Lee Philander; o/19 – Minette Retief. Toernooie en Hoogtepunte: Eerste span – 8ste by die Wildeklawer-toernooi; 4de by ons eie RFG Netbaltoernooi; 3de by die DSTV-Nasionale Toernooi (die beste prestasie nog deur ons skoolspan op nasionale vlak); o/14-span – 7de by die Nasionale Skole Toernooi. Ons is ongelooflik trots op ons dogters en spanne wat hierdie uitsonderlike prestasies moontlik gemaak het. Hierdie jaar was ’n mylpaal in ons netbalprogram en dien as ’n stewige basis vir verdere groei en sukses in 2026. Maroné Uys
126 | Hoër Meisieskool La Rochelle | Girls’ High School
Made with FlippingBook - Online catalogs