La Rochelle Yearbook 2025

ATLETIEK

4M ATLETIEK

Voor: Jiya Benjamin, Ariana Sassoli, Siba Ngcumbe, Megan Koch, Enya Binneman, Larushkah du Plooy (Onderkaptein), Mnr. PC Beneke (Afrigter), Mev. Lynique Beneke (Afrigter, Organiseerder), Me. Michelle Dykman, Mia Wilson (Kaptein), Ivy-Anne Oates, Johani Steyn, Karu van der Wal, Lumari de Beer, Zoey Jaftas 2de ry: Lizandie van Zyl, Lisa van Zyl, Haley Lintnaar, Kesha-Lee Philander, Verné Solomons, Tinette le Roux, Sienna Schabbort, Samantha Oliver, Zhete Afrika, Shaniya Doyle, Kylie Basson, Nadia Volschenk, Isobel Kröhn, Cassidy Crouster, Rachel Beverly, Gretha du Toit, Elizabeth Rademeyer, Kailey Smit, Savanna Johannes, Lexi Hammond, Zahra Twigg, Suzaan Viljoen, Amy Johnson 3rde ry: Mia Koch, Lumari Carstens, Isabella Dickens, Lineka Rademeyer, Reechia Valentyn, Anja Coetzee, Miné Fritz, Jana Kemp, Emma de Kock, Anika du Preez, Meacke Lawrence, Lexi Peringuey, Lené Haasbroek, Zumari Barnard, Dané Meintjes, Mia van Zyl, Liné de Villiers, Savanna Roebuck, Sienna Ellis, Emma Knoop, Jessica Darling Agter: Mikayla Visser, Lienka de Villiers, Cara Wilson, Cubin Marthinussen, Liane Coetzee, Cornelia Destroo, Ilke de Villiers, Linné Retief, Nicole Steyl, Minette Retief, Mila Kruger, Lara van Deventer, Eva Pietersen, Chloe Nesi-Dowsett, Zia du Toit, Teresa Botha, Ninke Coetzee, Aninka M üller, Scarlet Gerber, Petra Rossouw, Scarlet Gallacher

ATLETIEK – SWEET, SPOED EN SPANWERK Penn Relays-Avontuur : Agt van ons superatlete het hul geel toppies ingepak en Amerika toe gevlieg vir die Penn Relays, waar ons aan die 4x400m- en 4x100m-aflosse deelgeneem het. Ons 4x100m-span het die 6de plek in die internasionale finaal ingepalm – en die stokkie het di é keer nie die grond gesien nie! Curro Podium : Terug op Suid-Afrikaanse bodem het ons by die Curro Podium sterk meegeding en ’n 8ste plek verower. Die span het ’n indrukwekkende 19 905 punte op die ASA tabel bymekaar gehardloop, gespring en gegooi. Kwaggas : Ons het Kwaggas weereens gewen, want La Rochelle hardloop nie net vir medaljes nie – ons hardloop vir trotse tradisie, glimlagte en natuurlik om te wen. Western Cape Championships: Eleven La Rochelle athletes were selected to represent Boland at the Western Cape Championships held at Green Point Stadium. Mia Wilson (u.19 1st in 400m and 400mH), Cassidy Crouster (u.19 1st in 100m), Larushka du Plooy (u.19 2nd in 100mH), Anja Coetzee (u.19 3rd in hammer throw), Cornelia Destroo (u.19 4th in shotput and 5th in discus), Enya Binneman (u.17 1st in 400m), Cubin Marthinussen (u.17 1st in 400 mH, 3rd in 400m), Kylie Basson (u.17 5th in 200m), Lara van Deventer (u.15 8th in high jump), Lizandie van Zyl (u.14 4th in hammer throw and 7th in discus) and Liane Coetzee (u.14 8th in shotput).

Die volgende atlete het deelgeneem aan die ASA Jeug- en Juniorkampioenskappe: Lara van Deventer, Meacke Lawrence, Enya Binneman, Cubin Marthinussen, Kylie Basson, Mia Wilson, Cornelia Destroo, Anja Coetzee, Zia du Toit en Ninke Coetzee. Die volgende neem deel aan die SA kam pioenskappe: Mia Wilson, Enya Binneman, Cubin Marthinussen, Cassidy Crouster en Anja Coetzee. La Rochelle se Gees : Of dit nou by inter nasionale aflosse is of op plaaslike bane midde ’n Boland-hittegolf, die onblusbare Larrie-gees ontbreek nooit nie. Ons is nie net vinnig nie, ons is familie en ons jubellende stemme weerklink harder as die pistool se geknal! So, wat leer ons uit die 2025-atletiekjaar? (i) As jy wil wen, hardloop soos ’n Larrie; (ii) As jy wil lag, kyk terug na die herinneringe van al die toere en byeenkomste, en (iii) as jy wil inspireer, wees deel van die Larrie-atletiekfamilie, want ons is nie net ’n span nie – ons is ’n susterskap op

spykerskoene! Mia Wilson

Hoër Meisieskool La Rochelle | Girls’ High School | 117

Made with FlippingBook - Online catalogs