La Rochelle Yearbook 2025

SOCIETIES

DEBAT Die debatspan het die nuwe seisoen reeds op 26 November 2024 aangedurf met navorsing vir die seniors se ATKV-onderwerp: “Die afskaling van gedrukte media is (nie) geregverdig (nie).” Ons het selfs die Universiteit Stellenbosch besoek om met dosente in hierdie betrokke kennisvelde te gesels. Na baie harde werk, toewyding en voorbereiding het ons een junior- en twee seniorspanne aan die ATKV-kompetisie deelgeneem. Die seniorspanne het bestaan uit Paula Jacobs en Suzaan Viljoen, asook Anya van Jaarsveld en Lize Naudé. Laasgenoemde was die opponerende span en het teen Hoërskool Stellenberg gedebatteer. Paula en Suzaan was die inleidende span en het ook teen Hoërskool Stellenberg meegeding. Ongelukkig het die spanne nie die semifinaal gehaal nie, maar steeds vir ’n naelbytstryd gesorg. Ons is trots op ons juniorspan – Livia Lategan, Timia Williams en Leandri Grové – wat vir die eerste keer aan ’n debatskompetisie deelgeneem het. Hulle is ’n vurige groepie wat ons in die toekoms nog gereeld trots gaan DEBATING The Debating Society made its voice heard in Term 1 with the first afternoon session during which new members were welcomed and the annual Parachute debate was held. This year, Chairlady Zahrah Docrat, and Vice-Chairlady, Keira Green, contributed to afternoon workshops by hosting content, motion analysis, interactive and lecture sessions. A file was compiled containing notes on different debate motion topics to be handed over to the next Chairlady. In addition to that, practice debates and inter-house debates were held. Monday evening online coaching sessions were introduced, presented by Coach Jordan Willett, where attendees benefitted greatly by refining their debating techniques. Debating learners participated in various competitions. Mrs Tracy Meyer and Ms Angelique Barnard facilitated the weekly Boland Debate

maak. Hulle was die inleidende span wat die stelling verdedig het dat Suid-Afrikaanse realiteitsprogramme die werklikheid weerspieël. Daarna het ons spanne aan die Dink-of-Sink-kompetisie deelgeneem. Die juniorspan (Livia Lategan, Timia Williams en Anni Mentz) het twee van hulle drie debatte gewen, terwyl die seniorspan (Paula Jacobs, Timia Williams en Lara Myburg) een uit drie gewen het. Ons sprekers het besonder goed gevaar: Timia het twee keer as beste spreker weggestap en Anya is ook as beste spreker aangewys. Die onderwerpe was beide stimulerend en uitdagend vir die juniors en seniors wat byvoorbeeld oor die volgende debatteer het: “Diefstal vir oorlewing is (nie) regverdigbaar (nie).”; “Generasie Z het (nie) meer uitdagings as vorige generasies (nie).”; “Sosiale media behoort (nie) vir minderjariges verban te word (nie).” Ons debatseisoen eindig op ’n hoogtepunt met ons deelname aan die Historium-kompetisie in Oktober. Met die buitengewone groei en ontwikkeling in debat-geledere, sien ons baie uit na ’n opwindende 2026-seisoen! Paula Jacobs & Suzaan Viljoen League where we not only met debaters from other schools but also honed our debating skills. Even our new debaters enjoyed this, despite their initial nerves. The Junior A Team were our best-performing team, qualifying for the League Finals and finishing the season second in the League. Accompanied by Mrs Meyer and Coach Jordan, the Senior A Team participated in the National All Girls’ Festival at Wynberg Girls’ High School. The team placed 9th overall. Both Senior and Junior A Teams participated in the Western Cape Provincial Debating Competition. The Junior A Team achieved a commendable 4th place. Zarah van Zyl (Junior) and Leah Johnson (Senior) were selected as trialists for the Western Cape Debating Teams. All in all, the teams enjoyed the tough competition and have matured as debaters. Zahrah Docrat

DEBATING

Front: Makaziwe Gqiba, Leah Johnson, Keira Green (Deputy-Chairlady), Mrs Tracy Meyer (Co-ordinator), Ms Angelique Barnard (Assistant), Zahrah Docrat (Chairlady), Carly van Zitters, Zahra Jacobs 2nd Row: Isabella Allchin, Tamsen Francke, Meeka Cupido, Taryn Daniels, Esther Oosthuizen, Alexia Koch, Unické Hoorzuk, Milan Prinsloo, Amy Lewis Back: Jenna-Lee Craddock, Emma du Toit, Caitlyn Reddy, Zarah van Zyl, Trinity Van Rooyen, Erynn Schroeder, Riley Leeuwner, Paige O’Kennedy, Indya-Sage de Wet

DEBAT

Voor: Paula Jacobs (voorsitter), mev. Ella Fick (Koördineerder), mej. Linda van der Walt (Afrigter), mev. Luzanne Oosthuizen (Hulpkoördineerder), Suzaan Viljoen (Ondervoorsitter) Agter: Lize Naudé, Anni Mentz, Lara Myburgh, Timia Williams, Anya van Jaarsveld, Livia Lategan

102 | Hoër Meisieskool La Rochelle | Girls’ High School

Made with FlippingBook - Online catalogs