La Rochelle Yearbook 2024
PRYSUITDELING
UITTREKSEL UIT DIE TOESPRAAK VAN LIZETTE MURRAY (NEE VLOTMAN) – MATRIEK 1973
Sirkels wat toemaak. Closing the Circles. Life is a process. A circle ... We tend to think about time as a straight line from A to B. And if we fail to reach a goal, we tend to think that we have NÓT succeeded. This is not true. Die lewe is ’n proses. ’n Sirkel wat toemaak, eerder as ’n lang reguit streep. Ek wil vertel van ’n paar sirkels in my lewe : Ons het in die Du Toitstraat-pastorie grootgeword. Eintlik op La Rochelle se skoolterrein. Die skool was deel van my landskap. My grootwordwêreld. Ek het smiddae van die skool af gestap, verby die koshuis en Eendrag, dan Navarre en dan by ons tuinhekkie in. Ek was bewus van Paarlrots daaragter en van my ma se kosgeure in die kombuis. Ek was ook bewus van die smal sementpaadjie tussen Eendrag en Navarre. Op een plek was daar ’n klein blommetjie van gebreekte porselein in die sement ingelê. Rondom my verjaarsdag het ek jasmyn en pronkertjies en die magnoliaboom tussen ons huis en Navarre geruik. Wanneer ek nie musiek geoefen het nie, het ek voor my musiekles soggens 7-uur, in die boom geklim en vir my musiekjuffrou ’n magnoliablom gepluk. Later jare – toe ek by La Rochelle skoolgehou het, was my standerd 7-klas se een voorgeskrewe boek, Stories van Ruyswyck , deur Alba Bouwer , ’n oud-Larrie. (Interessant: Sy ontleen haar titel, Stories van Ruyswyck, aan die Vlaamse digter en skrywer, Theodoor Rijswyck, wie se pa ’n onderwyser en koshuisvader vir weeskinders was.)
Alba het as kosganger in Navarre gebly. Sy skryf oor dieselfde magnoliaboom waarin ek baie jare later geklim het. Wanneer sy saans verlang het, het sy na die boom voor haar venster gekyk. Sy skryf: Alie draai haar om en sien hoe die blare van die magnoliaboom naby haar venster swart skaduwees teen die muur maak. [...] Sy sluk nie eers ’n sluk nie, sy voel net hoe die nat, warm strepies teen haar wange afloop en ’n klam kop onder haar oor op die kussing maak. Maar Alba se jare op La Rochelle word mooier en mooier. Sy skryf hoe hulle klas saam met juffrou Ashley piekniek op Paarlberg gaan hou. Ek besluit om ook my klas te neem en vra toestemming by juffrou Le Roux. Bo-op Paarlberg glip die jare tussen ons en Alba Bouwer weg en ons kyk oor ons mooi dorp – net soos Alie-hulle gedoen het. Ons oë soek die skool en die Bergrivier daar ver onder. Ek kyk waar ons huis tussen die bome wegkruip. Die verlede en hede vloei in mekaar. And once again a circle is completed. Thanks to the La Rochelle Trust and Miss Le Roux’s substantial contribution to the school, the parsonage is going to be part of the school property. Die sirkel is voltooi. There are many circles that need to be completed in life. Elkeen van ons hier skryf ’n storie. Ons skryf daardie storie met ons asem . En daardie storie word nooit klaar geskryf nie . Keep in mind: In my beginning is my end. And to make an end is to make a beginning. The end is where we start from.
Hoër Meisieskool La Rochelle | Girls’ High School | 59
Made with FlippingBook - Online catalogs