La Rochelle Yearbook 2024

HOSTEL

2. PERSONEEL Ons is dankbaar om te kan sê dat ons personeel vanjaar geen wisseling gehad het nie. 3. ALGEMEEN • Die jaarlikse Afskeidsdinee vir die Matrieks is op 1 Oktober gehou. Tannie Lida en haar bekwame span het gesorg dat die studiesaal omskep is vir die deftige geleenheid. Die Matrieks, Tannies en diensdoenende personeel was die gaste. Feedem het ‘n voortreflike driegang-maaltyd voorberei wat deur ons eie graad 9 kelnerinne bedien is. • Groot projekte wat hierdie jaar suksesvol afgehandel is: • Daar is waterdigting op die Hoofgebou se dak gedoen. • Die ruimte voor die Hoofgebou is geplavei. • Die kombuis spog met ‘n splinternuwe instap-vrieskas. • Fondse ter ondersteuning van bogenoemde projek is aangevul uit geld gemaak uit die parkering op die terrein tydens Interskole sowel as verblyf aangebied vir besoekende sportspanne. In closing, we wish to quote the lyrics of the theme song (performed by Bill Medley and Jennifer Warnes) from the soundtrack of the 1987 hit movie, Dirty Dancing . Now, I’ve had the time of my life No, I never felt like this before Yes, I swear, it’s the truth And I owe it all to you ‘Cause I’ve had the time of my life And I owe it all to you Thank you, La Rochelle Hostel for making us part of your family. God speed. Mev. Sonnet Vorster – Superintendent

KOSHUIS In Junie 2014, het die Vorsters, Andries en Sonnet, die voorreg gehad om in Eendracht in te trek as superintendentspaar. Einde Oktober 2024, kom hierdie liaison tot ‘n einde. Dit was vir ons ‘n groot, groot voorreg om vir 10 jaar deel te kon wees van die La Rochelle Koshuis met al sy lief en leed. Ons is diep bewus van die onbaatsugtige diens wat elkeen van die Tannies, by name: Lida, Wyna, Christa, Toekie en Christelle verrig. Juffrou Bothma het haarself onderskei as spanmaat. Opregte dank aan die diensdoenende personeel van die skool wat sorg dat studietye glad verloop. Verder het die Feedem span, onder die bekwame leiding van Lindsey, Brittle en Suzanne, saam met al die manne en vroue elkeen getrou hul take verrig. Met hierdie span kon die Koshuis voortgaan ten spyte van 2017 se droogte en die COVID sage van 2020-2022. The La Rochelle Hostel team, as mentioned above, is a true ‘force to be reckoned with’. Together, this team has faced adversities and always came out on top. The future of this institution is in excellent hands. Dit is in hierdie gees van dankbaarheid dat ons graag oor die volgende aspekte verslag doen: 1. LEERDERS • Leerdergesindheid: Ons hoofleiers, Mia-Mikay Steenkamp en Marcél Dippenaar, het met hul pragtige voorbeeld, die positiewe wyse waarop die Miladies vanjaar meegedoen het, ondersteun. Dit het voorwaar ’n groot rol gespeel in die algemene welsyn van die koshuisdogters. • Leerdergetalle: Die jaar het afgeskop met 208 inwoners in die koshuis. Ons getalle staan tans op 204.

KOSHUISPERSONEEL Voor: Mej. Michelle Dykman, mej. Maryke Muller, mej. Adéle Bothma (Hoof-Toesighouer), mev. Lida Hendrikse (Koshuisbestuurder), mev. Elsabé Conradie (Skoolhoof), mev. Sonnet Vorster (Superindendent), mej. Leonie Maree, mej. Annadene Malan, mev. Geraldine Adonis Middel: Mev. Jessica Botha, mej Jennilee Adriaanse, mev. Cathrine de Bruyn, mev. Annaline Samuels, mej Bernadette Andrews, mnr. Averoll Adonis, mev. Marilyn Riekerts, mej. Schireline Lakey Agter: Mev. Suzanne Adonis, mev. Toekie van Vuuren, mev. Wyna Laubscher, mnr. Brittle Williams, mej. Lindsay Whare (Feedem), mev. Christa Brittz, mev. Odwa Mntonintshi, mev. Christel Hall

40 | Hoër Meisieskool La Rochelle | Girls’ High School

Made with FlippingBook - Online catalogs