La Rochelle Yearbook 2024
STAFF
OOV 2024 Ons het hierdie jaar weggespring met ’n vrolike karnaval tent wat ons kon versier. Vanuit hierdie tent het ons heerlike verversings aangebied en ons susterskole tydens die 4M-atletiekbyeenkoms onthaal. Met elke jaar se opedag sien ons uit om die voornemende Larries en hul ouers te verwelkom. Ons geniet hierdie geleentheid baie, want ons kry dan sommer kans om aan die begin van die jaar rondom die tafel met vars druiwe en water op te vang. Dankie vir elkeen wat met hierdie geleentheid gehelp het. Gedurende die hokkie- en netbal-tuiswedstryde het ons heerlike pannekoeke verkoop om die koue en nat af te weer.
Dit was ’n groot sukses en ons sal volgende jaar verseker weer regstaan met warm pannekoeke. Die jaarlikse gholfdag is ons groot projek en hierdie jaar pak ons dit saam met Boland Landbou aan. Ek wil baie dankie sê vir elkeen se hulp om borge, pryse en spanne vir hierdie dag te kry. Met elke geleentheid wat ons iets aanpak – al is dit kleiner projekte – is dit regtig ’n geleentheid waar ons ma’s en pa’s, (ja, die pa’s kom neem ook deel) mekaar beter leer ken en om die skool te ondersteun waar hulle ons hulp nodig het. Kom sluit by ons aan indien jy graag betrokke wil raak by die skool. Ons sien uit na 2025. Mev. Bonita Koch
OOV Dankie aan elkeen wat hierdie jaar betrokke was by die OOV. Karo Engelbrecht, Nelia Bester, Charne Solomons, Denise Louw, Elizna Kotze, Noni Tisana, Elsabie Fourie, Hilze-Marie Malherbe, Riana de Wet, Suria Basson, Francois Steyn, Charlene Steyn, Lee-ann Brikkels, Shani Schabort, Carin Marx and Candice O’kennedy.
PERSONEEL 2024
MEV CONRADIE VERJAAR
16 | Hoër Meisieskool La Rochelle | Girls’ High School
Made with FlippingBook - Online catalogs