La Rochelle Yearbook 2024
HOCKEY
HOKKIE “Begin klein en soos die seisoen vorder, gaan ons al groter, want dis die natuurlike neiging van ’n span wat saam groei.” Die hokkieseisoen het aanvanklik met die Spar-toernoooi begin – ‘n geleentheid om mekaar te leer ken en saam as span te groei. Daarna het ons na George getoer en teen York High School en Hoërskool Outeniqua gespeel. Die toer na die Suid Kaap was lekker en vriendskappe is ontwikkel. Die seisoen was in volle swang en aan die gang met ons deelname aan die Belgotex-toernooi. Ons verblyf in die hotel in Nuweland was ’n hoogtepunt vir almal en dit was lekker om te sien hoe die span verbeter en groei. Die seisoen was ‘n goeie leerskool vir ‘n baie jong eerstespan, wat nooit moed opgegee het nie en altyd wou verbeter. Ons is baie trots op ons O/14-span wat aan die Rising Cup toernooi gaan deelneem het en 4de in hierdie toernooi geëindig het. Dié span is ook algeheel 24ste in die land geplaas. Verskeie Bolandspelers het La Rochelle vanjaar by toernooie verteenwoordig. Jamie Hendricks neem deel aan die o/14 streekstoernooi, en haar span eindig derde. Lakeisha Dudley en Ilke de Villiers verteenwoordig Boland by die o/16-streekstoernooi, waar hulle span goud wen en Ilke word aangewys as die beste doelwagter van die toernooi. Aimee Farmer neem deel aan die o/18-streekstoernooi waar haar span goud verower. Leyla Wagner en Tebello Keketsi vorm deel van die IPT se o/16B-span.
BOLAND HOKKIE Voor: Tebello Keketsi, Lakeisha Dudley Agter: Leyla Wagner, Ilke de Villiers, Aimee Farmer Inlas: Jamie Hendricks
Dit was ’n voorreg om deel te wees van La Rochelle se jaar van groei in hokkie. Alle sterkte aan die hokkiespelers in 2025. Fokus daarop om vriendskapsbande te smee en jou spanmaats te leer ken. Ané Viljoen – Kaptein
HOKKIE O.18A Voor: Mila Hayes, Kiera-Lee Koekemoer, mev. Ella Fick (Spanbestuurder), Ané Viljoen (Kaptein), mev. Leani Neethling (Afrigter), Cadey Becker (Onderkaptein), Corin Joseph. Agter: Megan Koch, Rachel Beverley, Claire le Roux, Gretha du Toit, Cara Wilson, Aninka Muller, Mia Wilson, Leyla Wagner, Elizabeth Rademeyer, Tinette le Roux, Mia Koch, Ivy-Ann Oates.
132 | Hoër Meisieskool La Rochelle | Girls’ High School
Made with FlippingBook - Online catalogs