La Rochelle Yearbook 2024
NETBAL
NETBAL Die 2024-netbalseisoen is sowaar een om te onthou! Van die begin tot die einde het elke meisie met die Larrie-blommetjie op haar rug of bors haar hart op die baan gelaat. Al ons A-spanne het die jaar afgeskop met die jaarlikse groot Waterkloof-toernooi in Pretoria, waar ons die Larrie-naam hoog gehou het. Daarna het La Rochelle aan ons eie Fair Cape-toernooi deelgeneem, waar ons spanne van regoor die land, soos Hoër Meisieskool Oranje, Hoërskool Rustenburg, Hoërskool Waterkloof en Hoër Meisieskool Bloemhof verwelkom het. Al ons spanne het in ons liga-wedstryde uitstekend gevaar en altyd ons LAR-waardes op die baan getoon. Die meisies in ons O/18A-span het La Rochelle op verskeie platforms verteenwoordig en hul goed van hul taak gekwyt.
Terwyl ons All Girls’-span in Potchefstroom uitstekend gevaar het, het die O/18A-span ook by die Wildeklawer-toernooi deelgeneem. Hier is goeie sportmanskap ten toon gestel, terwyl lewenslange vriendskappe en herinneringe gevorm is. Hierna is die o/18A-span ook aangewys as die beste in die Wes-Kaap. In Julie behaal die span die sewende posisie by die Nasionale Kampioenskappe. La Rochelle se naam is deur die jaar hoog gehou deur elke Boland- en Wes-Kaapspeler, asook ons twee SA-spelers. Dit was vir my ’n groot voorreg om in my blou-en-geel rokkie op die baan te draf, met die wete dat ek vir my skool speel. Baie dankie vir elke spanmaat, afrigter en ondersteuner. Ek wens elke netbalspeler sterkte toe vir die 2025-netbalseisoen wat voorlê. Mag dit ‘n seisoen vol uitstekende netbal wees! Mia-Mickay Steenkamp
WES-KAAP AKSIE NETBAL Voor: Dané Meintjes, Annabelle Mostert, Hayley Calitz, Lisa Snowball Agter: Zu-Marie Barnard, Mikayla Visser, Teresa Botha, Sadie Meyer
BABY PROTEA SOUTH AFRICAN U21 NETBALL TEAM Jade Atkins
WESTERN CAPE TEAM Siba Ngcumbe, Meacke Lawrence
STREEK / PROVINSIAAL / NASIONAAL
CAPE WINELANDS NETBALL TEAMS Zikho Hanase, Minette Retief, Reechia Valentyn, Mikayla Visser, Hayley Calitz
WES-KAAP NETBALSPAN Maronè Uys, Iselle Acker, Zahrah Noah
WES-KAAP o/15 SPAN Ninke Coetzee
Hoër Meisieskool La Rochelle | Girls’ High School | 127
Made with FlippingBook - Online catalogs