La Rochelle Yearbook 2024

ANNUAL REPORT concluded with the Daisy-and-Milady picnic together with the new Grade 8 parents. Die Ignite-kringleiers het die naweek van 19-21 Januarie 2024 in die pragtige Jonkershoek deurgebring om vir die jaar voor te berei. Daar was baie gebid, gesing en vreeslik baie gelag. Dankie aan mev. Shanje Maree en mev. Elmari Swanepoel vir jul inspirasie. The Grade 11 seminar took place in Kleinmond. Over these two days, the Grade 11s attended seminars on mentorship and shared their vision as the school’s leaders for 2025. Die graad 9-kamp is by die pragtige Mispah-kampterrein in die Kogelberg reservaat naby Grabouw gehou. Die graad 9’s het spanbou-aktiwiteite gedoen, gaan stap in die berg en mekaar beter leer ken. SPESIALE TRADISIES Die baadjie- en pêrelseremonie vind plaas op 29 Januarie, waar die Miladies aan hul Daisies hul baadjies oorhandig en die matrieks elkeen ’n stelletjie pêrel oorbelle vanaf die gr 8’s ontvang. Die graad 8’s se Vrugtefees was weereens ’n spesiale dag, waar die Daisies nie teleurgestel het met hul kreatiewe uitrustings nie. The La Rochelle GHS Open Day, an occasion to showcase the school, took place on 13 February 2024, and once again, we realized that our proud learners are our best ambassadors. Thank you to everyone who served as tour guides. On 8 August 2024, Founders Day was celebrated. The rich traditions of our school over the past 164 years were remembered and admired, and Annemie Nieuwoudt, head girl in 1994, was our guest speaker. Valedictory Day on 11 October was a memorable occasion, highlighted by the new tradition of the matric class ringing the old bell in its new location as they walked through the school corridors for the last time. GLANSGELEENTHEDE Graad 11’s se Winterbal het op 12 Junie in die skoolsaal plaasgevind. ’n Baie genotvolle graad 10-dans is ook op 10 Julie in die skoolsaal aangebied.

Die pa-en-dogteraand was baie prettig en die pa’s het weereens nie teleurgestel met hulle uitrustings vir die tema “Iconic Duo’s” nie. Die matriekafskeid vind in 2024 by Ashanti plaas en die matriekleerders lyk pragtig en stylvol. Dankie aan mnr. Stephan Swart en die Aleit-groep vir hierdie besondere aand. The Hostel Dinner was once again a special occasion, with the matric hostel girls sharing their memories of the past 5 years in the hostel. Die 2024 KunsteVenster in Augustus, wat oor twee aande gestrek het, was ’n besonderse gebeurtenis. Ouers en vriende van Hoër Meisieskool La Rochelle kon op ’n kunsreis deur die skool vertrek en die eb en vloei van die bruisende hartklop van kultuur in ons skool eerstehands beleef. ’n Interaktiewe kunsuitstalling, ’n oorspronklike verhoog-produksie, Sien, ’n feestelike kuier met “marimba-magic” en ’n lewendige versmelting van ABBA-treffers deur L’Armonia was die toonvenster vir ons Larries se uiteenlopende talente. Aan die einde van ’n sensoriese klanksildery deur die koor het die kykers hul reis afgesluit met ’n post-moderne “ devised theater ”– produksie, Secret Cities . Die Kobus Wiese-funksie is vanjaar saam met Laerskool Noord Eind aangebied. Dit was ’n stylvolle aand, met ’n interessante paneelbespreking deur Ryk Neethling, Schalk Brits, Marciel Hopkins, Success Lekabe, Jacques Lagrange, Marius Erasmus, CJ Stander en Kobus Wiese. Die bekende Nadine Blom en Albert Maritz was ons aanbieders vir die aand. The annual choir and music performance evening took place on 15 October in the lovely Audi Centre Paarl, with its beautiful silver and glass interior and amazing acoustics. It certainly was a truly memorable encounter for the audience. This year’s theme for the Mother-and-Daughter Tea was “Precious Pair.” Mothers and daughters had the opportunity to create beautiful earrings together, fostering creativity and strengthening their cherished memories. The Grade 11 Hospitality learners successfully hosted an afternoon tea for their guests on 18 October, showcasing their hospitality skills. Meanwhile, the Grade 10 learners organised a delightful breakfast on 10 October, providing valuable experience in event planning and guest engagement. Ses Larries vertrek tydens die September-vakansie op ’n akademiese toer na Amerika. Hierdie toer was vir hulle ’n eens-in-‘n-leeftyd-belewenis. Hulle het saam met leerders van regoor Suid-Afrika, onder andere, universiteite en bekende bakens in Amerika besoek. Tydens die September-vakansie het ‘n groep La Rochelle leerders aan die Oranjerivier-roei aangedurf en het met goeie herinneringe en nuwe vriendskappe van dié avontuur af terug gekeer. ’n Spesiale dank aan die personeel wat tydens die vakansie hulle tyd opgeoffer het om die leerders te vergesel. Julle bydrae het die leerders geïnspireer en hulle die waarde van samewerking en deursettingsvermoë geleer.

Uitstapdag

Die paneel.

10 | Hoër Meisieskool La Rochelle | Girls’ High School

Made with FlippingBook - Online catalogs