La Rochelle Yearbook 2023
Diensklubs
Interact Helen Keller het gesê: “ Alone we can do so little; together we can do so much ”. Hierdie aanhaling het ek die hele jaar in my hart gedra, want dit omvat die doel van Interact : Om ’n verhouding met die mense in ons gemeenskap te bou, om terug te gee aan die gemeenskap en om ook te help waar dit nodig is. ’n Civviesdag elke kwartaal het fondse vir die volgende projekte moontlik gemaak: Kwartaal 1: Interact het op 18 April na Rusoord gegaan om met die inwoners te gesels en paaseiers uit te deel. Kwartaal 2: Ons het weekliks brode vir Monte Christo Miqlat ingesamel. Ons het meer as 100 brode vir hulle gegee en met ons besoek daar het ons ook paaseiers vir die kinders uitgedeel; ou klere is vir die Paarl Hospice ingesamel. Kwartaal 3: Ons het worsbroodjies gemaak en dit vir petroljoggies by vulstasies uitgedeel, asook vir haweloses in die Paarl se strate; toiletware is vir Paarl Hospitaal se kraamsaal en Huis Andrew Murray (HAUM) in Wellington ingesamel. Ons besoek hul ook in kwartaal 4 met bederfpakkies met eetgoedjies vir die eksamenstres.
Die Rotariërs het vir Mia-Mickay Steenkamp vir ’n week in die Junievakansie geborg om die “ Adventure into Citizenship ”-kamp by te woon. Sy het dit baie leersaam gevind en verskeie nuwe vriendskappe gebou. Ons is dankbaar vir die ondersteunende rol van die Rotariërs in die Paarlvallei wat sulke geleenthede vir ons moontlik maak. ’n Totaal van R15 000 is ingesamel en donasies is aan die volgende instansies gegee: Instituut vir Dowes Worcester R1 000, Instituut vir Blindes Worcester R1 000, Jan Kriel Instituut Kuilsrivier R1 000, Shofar Ceres Malawi R1 000, Paarl Hospice R1 000, Cansa R1 000, Paarl Skool R1 000, Ma’s vir Wellington R1 000, Alta du Toit Development R1 000, Ligstraalskool R1 000, Rusoord Ouetehuis R1 000, Outside the Bowl Global R1 000, Sunfield Home R1 000, Miqlat NPC R1 000, Andrew Murray Kinderhuis (HAUM) R1 000. Die gevoel om iemand – al is dit net een persoon – te help, is onbeskryflik. Om dit met die hulp van ander Larries te kon doen, maak dit alles net soveel meer die moeite werd. En Avant!
Voorsitter
Ju-Ané Conradie
97 LAR
Interact Voor: Riana Otto, Mia de Milander, Ju-ané Conradie (Voorsitter), mev. A. Dun, Celeste de Freitas (Ondervoorsitter), Mia-Mickay Steenkamp, Emily Schoeman Middel: Karli-Mari Roux, Juané le Roux, Likony van der Poel, Mignon Burger, Lienmarie Pienaar, Kaylin Tenant Agter : Ronel Strauss, Izabella Olsen,
Kyla Vienings, Anerine van Wyk, Catherine du Toit, Mila Hayes, Bea Hendriks
Front: Jessica Eckhardt (Chairlady), Miss Madri Gerber (Conductor), Gabrielle Witbooi (Deputy-Chairlady) Back: Tarah Waries, Jorja Kock, Allison van Wyk, Asenokhanyo Xegwana
La Rochelle Hoër Meisieskool | Girls’ High School Paarl
Made with FlippingBook - Online magazine maker