La Rochelle Yearbook 2023
Annual Report
Beginneronderwyserkongres , asook die Nasionale Kongres . Hier bied hy sessies aan oor Klaskamerbestuur in die Senior- en VOO-fase, Informele Assessering en Refleksie in Fisiese Wetenskappe , asook Infasering van Koderingprojekte met micro:bit . Hy werk ook tans saam met die SOS aan ’n Geïntegreerde Leerervaringe Gids vir onderwysers. Ons opvoeders reik ook uit na ons gemeenskap. Opvoeders wat deel is van die WKOD se BOT (Back-On-Track )- program is mevv. Soné Ackerman, Monika Burger, Anél Bergh, Cindy McFarlane, Tracy Meyer, Thereza Landman en me Nadene van Aswegen. Instandhouding en Infrastruktuur Saam met die normale instandhouding is balkonne in die koshuis weer waterdig gemaak. The consequences of load shedding during school hours have been far-reaching. Teachers are often literally left in the dark, as their lesson plans are disrupted. This has had a negative effect on their morale, as they spend hours preparing lessons, using new techniques and technology. The generator which the hostel had been using for the past ten years, started becoming faulty during May. The school, however, was proactive and implemented an energy audit/ load profile in March in order to investigate energy-saving measures. The School Governing Body decided to address the problems of load shedding during academic time and the malfunctioning hostel generator. The solution to the problems required an infrastructure upgrade to facilitate the consolidation of the four existing Low Voltage supply points into a single Low Voltage bulk point of supply. It also included the installation of new cable and kiosk infrastructure to accommodate the single bulk point and simultaneously safe-guard the current non-conforming emergency measures. A new fuel-efficient, silent diesel generator, nicknamed ‘ Jennifer ’ by the staff, was installed, so as to minimise noise pollution for staff and learners. Ander instandhoudingsprojekte by die skool sluit die volgende veranderinge in: Die personeelkamer by kamer 2 word ’n addisionele klaskamer; die administrasiekantore word die tydelike personeelkamer (langs kamer 19); die prefekkamer word die sport- en bemarkingskantoor; die ou snoepie onder die trap by die ysterhek word die prefekkamer; die houtvloere op die boonste verdieping van die hoofgebou word afgeskuur; die mansbadkamer en die kombuis in die Leersentrum word opgeknap; die gimnasium onder die En Avant word in ’n stoorruimte vir die verskillende sportkodes omskep. Die skool word deur ’n privaatbesigheid genader om padelbane by Du Toitstraat op te rig, wat die leerders van La Rochelle gratis kan gebruik. Nadat die ou Hyundai -voertuig van die skool in ’n ongeluk betrokke was, word dit vir ’n nuwe sewe-sitplek Mitsubishi Xspander ingeruil, om sodoende koshuis-, tennis- en ander leerders in die middae te vervoer. Die Beheerliggaam bepaal dat nege addisionele klaskamers benodig word. Die projek word deur mnr. Jean Nortier bestuur. Die planne word opgetrek en die kostes word bepaal. Die bouwerk sal egter eers ’n aanvang neem nadat goedkeuring deur die WKOD verleen word.
Academics We are delighted to share with you that La Rochelle continues to maintain an excellent academic standard. Our dedicated teachers employ a balanced approach, combining traditional pedagogical methods with innovative e-learning techniques to ensure our learners receive a complete education. The commitment to both time-honoured and modern teaching practices allows our learners to develop a comprehensive set of skills and knowledge, in order to prepare them for the challenges of the future. We are proud of our school’s ongoing efforts to provide the best education possible. Die matrieks van 2022 maak ons trots. Die 106 kandidate handhaaf ’n 100%-slaagsyfer met ’n klasgemiddeld van 75,3% en ’n B-graad-toelating van 99%. Sewe-en dertig kandidate behaal ’n gemiddeld van 80% of meer. By die Wes-Kaap onderwysdepartement se 2022 nasionale senior eindeksamen-toekennings by Leeuwenhof, word La Rochelle 12de in die provinsie geplaas. By die SOS se Top 20-toekennings eindig La Rochelle 9de landwyd in die afdeling “ meeste onderskeidings per getal kandidate ”, met 342 onderskeidings (3,23 per leerder). Onderskeie vakprestasies landwyd is as volg: Afrikaans Huistaal (4de), Engels Eerste Addisionele Taal (6de), Lewenswetenskappe (7de), Wiskundige Geletterdheid (13de) en Fisiese Wetenskappe (15de). Baie geluk aan ons gesamentlike DUX leerders, Elsje-Mari Louw en Zoë Vassilatos, wat albei spog met ’n gemiddeld van 94%! The Academic Prestige Awards Evening took place in the En Avant on 26 January. During this event, the Matrics of 2022 were honoured for their excellent results in the NSC Examinations and the current Grades 9 – 12 learners were awarded honorary colours for academic achievements. Other academic achievements include: La Rochelle sent and received exchange students from two of South Africa’s most successful exchange agencies, FSA Youth Exchange and GROW Abroad , who provide not only our learners, but also exchange students from abroad, with a once-in-a-lifetime opportunity. Anna Bierbaum (Gr. 10) from Ochtrup, Germany, started her exchange programme in Gr. 9 in 2022, which she completed in June this year. During the June/July school holidays, two Gr. 11s, namely Catherine Brandt and Liza Jacobs, left on their German exchange programmes to Gelnhausen and Bad Kreuznacht respectively. Angelica Maragna (Gr. 11) from Canda in Italy joined us to complete her six-month exchange programme and Jil-Nova Maass (Gr. 10) from Hamburg, Germany, decided to complete the last chapter of her exchange programme at La Rochelle in the fourth term. Mari Joubert (Gr. 10) will undertake an exchange programme to Germany during December 2023, where Jil-Nova will return the favour by being her host. Bianca van der Walt publiseer twee gedigte en drie kortverhale in die bundel “ Inkspraak ” in Augustus en Amelie Ferreira behaal ’n derde plek in die opstelkompetisie by die All Girls’ Festival . Deelname aan Wiskunde Olimpiades en kompetisies help leerders om waardevolle vaardighede en kennis te ontwikkel, selfvertroue te bou en akademiese prestasies te verbeter. Dit is om hierdie rede dat ons leerders by La Rochelle aanmoedig om jaarliks vir verskeie Wiskunde-kompetisies in te skryf. Veertien leerders dring deur na die 2de rondte van die Old Mutual SA-Wiskunde Olimpiade . Verskeie leerders neem deel aan die UCT-Wiskunde Olimpiade . Hier neem
4 LAR
La Rochelle Hoër Meisieskool | Girls’ High School
Made with FlippingBook - Online magazine maker