La Rochelle Yearbook 2023
Alumni
ALUMNI Die Alumni het ’n bedrywige en vol jaar beleef! Maart: Ons besoek die matriekdogters en oorhandig aan hulle ’n unieke lipsalf-houertjie met ons spoggerige Alumni -wapen en ons FB - en Instagram-adresse wat daarop gegraveer is. Op 14 Maart neem ons afskeid van ons geliefde juffrou Schoemie. Sy ontvang die Larrie-blommetjie (“ sterling ” silwer, handgemaak) van die oudleerders. Sedert 2013 is hierdie blommetjie ons geskenk vir die matrieks aan die einde van die jaar. Mei: Ons hou ’n heerlike “ brunch ” by Peaches & Cream met oud en jonk wat heerlik die oggend saam kuier! Julie: Die jaarlikse nuusbrief word uitgestuur aan al die adresse wat ons op ons databasis het. Die nuusbrief is gewoonlik propvol inligting en lekker leesstof! As jy nog nie die nuusbrief ontvang nie, stuur asseblief jou kontakbesonderhede aan: alumni@larries.co.za Augustus: Ons het vir die matrieks bederf met ’n bybelversie-kaartjie en sjokolade om hul sterkte toe te wens vir die rekordeksamen. September: Op 16 September was dit weer tyd vir ons jaarlikse Reűnie-funksie met verskeie jaargroepe. Ons was weer eens bevoorreg om ongeveer 120
oudleerders te kon verwelkom. Hulle luister na ’n pragtige kooruitvoering, mev. Elsabé Conradie gesels oor toekomstige projekte by La Rochelle en hul geniet heerlike verversings. Daarna word hul op ’n toer deur die skool geneem. Oktober: Op 20 Oktober word daar afskeid van die huidige matrieks geneem. Dit is ons voorreg om aan elkeen die Larrieblommetjie-hangertjie te oorhandig. Die blommetjie is uniek aan La Rochelle en sal hulle vir altyd aan hul alma mater herinner. Gedurende die jaar ontvang ons nuus van oudleerders van oor die wêreld en ons plaas die inligting op ons FB - en Instagram -sosiale media. Dit is altyd vir ons lekker om met ons oudleerders te spog! Ons is dankbaar vir nog ’n jaar van teruggee aan ons alma mater. As jy meer wil weet of op hoogte wil wees van al ons bedrywighede, sluit gerus aan by: Lar.oldgirls La Rochelle Old Girls
Larriegroete
Alumni-span
138 LAR
La Rochelle Hoër Meisieskool | Girls’ High School
Made with FlippingBook - Online magazine maker