La Rochelle Yearbook 2023
Netball
Die Larrie-netbalmeisies het vir die duur van die 2023-seisoen hul harde werk en uithouvermoë op die netbalbaan gewys. Die seisoen het begin met die jaarlikse Waterkloof toernooi waar die o/14A-, o/15A-, o/16A-, o/17A- en o/18A-spanne teen van die beste netbalskole in die land gespeel het. La Rochelle was ook tydens die Aprilvakansie die gasheer van ons heel eerste Faircape-netbaltoernooi waar skole van regoor die land teen die Larries – op die blou vloere van die En Avant – kompeteer het. Ons spanne het gedurende die jaar ongelooflike sportmanskap gewys. Vriendelike kompetisies, glimlagte na taai wedstryde en die ondersteuning van spanmaats het gewys dat netbal nie net oor wen vir die Larries gaan
nie, maar die bou van vriendskappe, asook respek vir medespelers en opponente. ’n Paar hoogtepunte van die jaar was die menige Boland- en Wes-Kaapspelers, asook een SA-speler wat La Rochelle se naam hoog gehou het by hulle onderskeie toernooie. Ons o/14A-span het ook hulle uitstekende spanwerk gewys toe hulle 4de in Suid Afrika by die Nasionale Kampioenskappe geëindig het. Dit was vir my ’n groot voorreg om La Rochelle op die netbalbaan te kon verteenwoordig. Ek wens die beste toe vir al die voornemende netbalspelers vir wie dit van uiterste belang is om l iefde, a anvaarding en r espek op die netbalbaan uit te leef. En Avant !
Shani van der Merwe
Kaptein
Netbal Provinsiaal
Netbal Provinsiaal & Nasionaal
Netbal Streekspelers Ninke Coetzee o/14, Minette Retief o/14, Christelle Greyling
o/16, Reechia Valentyn o/16
124 LAR
Wildeklawer
Jade Atkins o/17 Cedars WES KAAPSPAN, SA o/18 Fast Five span
Hannah Kriel o/18 Cedars WES-KAAPSPAN
Voor: Hannah Kriel, mnr. Morné van Tonder (Afrigter), Shani van der Merwe (Kaptein), mev. Celéste Uys (Spanbestuurder), Maroné Uys Agter: Lize-Mari Beukes, Gemma du Toit (Onderkaptein), Iselle Acker, Natasha Watson, Monja Strydom, Christelle Greyling
La Rochelle Hoër Meisieskool | Girls’ High School
Made with FlippingBook - Online magazine maker