La Rochelle Yearbook 2023
Verenigings
AVANTI -redaksie Voor: Rizia Seria, Bianca van der Walt (redaktrise), mev. Soné Ackerman (Koördineerder), mev. Carla Uys (Koördineerder), Liana Human (Ondersteunende redaktrise), Kelsey van Sitters 2de ry: Damienne Greenhalgh, Jessica Eckhardt, Iris Saunders, Mia Blaauw, Caitlyn Cupido Agter: Amelie Ferreira, Elena Kritzinger, Rachel Jewell, Mila Malherbe, Caitlyn le Roux, Klara Durr-Behrens, Mekayla Griffiths
die kategorie vir beste indiepte-artikel gewen het. Iris Saunders was ook in 2022 ’n finalis in die kategorie vir beste nuusberig. Ons wag in spanning vir die uitslae van 2023 se kompetisie. Dit is ’n voorreg om redaktrise van ’n skoolkoerant met soveel tradisie en geskiedenis te kon wees en ook om die groep Larrie-skrywers deur hulle skryfwerk en -prosesse te lei. Ons skryf juis vir die Larries oor die Larries en hoop elke Larrie kon haarself hierdie jaar in ons skryfwerk bevind. Die Avanti is nie net ’n skoolkoerant nie – dit is ’n komitee waarby leerders veilig kan voel, hulleself kan wees en ’n unieke bydrae tot die hede, verlede en toekoms van La Rochelle kan lewer.
AVANTI Die redaksiespan van 2023 het hulleself ingespan om te verseker dat die Avanti vanjaar kwartaalliks uitgegee word. Sedert 2020 is die Avanti -uitgawes met blog- artikels afgewissel. Die skoolkoerant het ook ’n nuwe b(l)aadjie gekry met ’n uitleg wat meer aan ’n koerant herinner en ’n bietjie wegbeweeg van vorige jare se tydskrif-uitleg. Skryfwerk is ’n komplekse kuns en die joernaliste van die Avanti het vanjaar baie geskryf en by mekaar geleer hoe om hul skryfwerk te verbeter. Die Avanti- redaksiespan bestaan elke jaar uit ’n uitsonderlike groep Larries wat ’n verskil wil maak. Ons het weer eens hierdie jaar ingeskryf vir die Skolenuus kompetisie nadat Inge van der Westhuizen in November 2022 uitgevind het dat haar artikel oor vrouesport
107 LAR
Bianca van der Walt
Redaktrise
Orchestra Front: Meghan Cupido, Nina Hartnick, Zoey Coetzee, Mrs Inge Wittenberg (Conductor), Miss Madri Gerber (Co-ordinator), Gesje Pretorius, Kendra van Rooi, Elena Kritzinger Back: Nazlee Hesi, Amber Siebrits, Kara Martins, Lea Prinsloo, Maggie Kritzinger, Mekayla Griffiths, Nina Voigt, Fayth van der Merwe, Ilze Munnik, Mishka de Kock
La Rochelle Hoër Meisieskool | Girls’ High School Paarl
Made with FlippingBook - Online magazine maker