La Rochelle 2020

ELSA JOUBERT 

HOËR MEISIESKOOL LA ROCHELLE GROET ’N FORMIDABELE

Elsa Joubert (Voorste ry, derde van links).

UITTREKSELS UIT SARIE-TYDSKRIF 1985,

GESKRYF DEUR ELSA JOUBERT.

Elsa Joubert, Lizette Murray (Hoof- dogter), mej. le Roux

Me. Elsa Joubert was ’n leerder aan die Hoër Meisieskool La Rochelle vanaf 1928. Sy matrikuleer in 1939. Me. Joubert het vroeg reeds in haar lewe haar liefde vir skryf openbaar. In haar matriekjaar verskyn verskeie van haar skryfstukke in La Rochelle se Jaarblad; Soet klink ons die naam La Rochelle (gebaseer op die nuutgeskryfde skoollied). Die nuwe vaderland – ’n fragment, Onder die Hugenotekruis, Europe Today, En die sagte tred van die jeug is gehoor op die pad van Suid-Afrika. Lizette Murray (née Vlotman, ook ’n oud-larrie, skryf in ’n huldeblyk aan Elsa Joubert dat sy getref is deur Elsa se menslikheid en medemenslikheid, die manier waarop sy met oorgawe luister en jou laat voel dat jy ook iets te sê het. In 1970 was me. Joubert die gasspreker tydens ’n prysuitde­ ling by La Rochelle, waartydens Lizette (graad 12) en prof Lizette Rabe (graad 8) teenwoordig was. Die tema van me. Joubert se toespraak was, Drome . Lizette Murray skryf dat in 2013 tydens ’n besoek aan me. Joubert het sy onder die indruk gekom dat ten spyte van me. Joubert se hoë ouderdom sy nog steeds droom. In 2010 ontvang Elsa Joubert, mej. Christa le Roux, prof. Lizette Rabe, Alba Muller (broerskind van Alba Bouwer, Louise Smit en mev. Johanna Heydenrych ere-toekennings tydens La Rochelle se 150ste-stigtingsdagvieringe.

Redaktrise: Lizette Rabe

HMS La Rochelle eer Elsa Joubert vir haar dapper nala­ tenskap deur voort te gaan om diversiteit in ons skool te omhels. Ons is vasbeslote om dit te bly handhaaf deur ons waardes van Liefde, Aanvaarding en Respek uit te leef. Ons eer haar nagedagtenis en weet ook dat die mooi herin­ neringe aan haar, vertroosting vir die familie sal bring.

2020 | 160 • 75

Made with FlippingBook Online newsletter