La Rochelle 2020

ANNUAL REPORT 

Op die terrein is die laaste afronding rondom die Astro hokkiebaan voltooi. Die ou Astro, wat voorheen op 2 tennisbane gelê is, is buite-om hervestig as ’n opwarmingsarea. As gevolg van Covid-19, is geen wedstryde nog daar gespeel nie en die amptelike inwyding word vir 2 Maart 2021 beplan. Die stoorplek onder die En Avant se verhoog is omskep in ’n gimnasium. Die tennisbane by Du Toitstraat word ook stelselmatig opgradeer. Die proses om die bane van Drakenstein Munisipaliteit aan Weskaap Openbare Werke oor te dra en hulle weer oor te dra na die WKOD vir gebruik deur La Rochelle, is nog nie afgehandel nie. La Rochelle het egter gebruiksreg van Drakenstein Munisipaliteit ontvang en het reeds die 4 tennisbane in netbalbane omgeskakel. Saam met Covid-19, het nog ’n wêreldwye tendens die wêreld getref; naamlik die uitvoering van die Jerusalema - dans! Mev. Lize Hayman het ’n ongelooflike video saamgestel met die hulp van haar man, Eduan, en mev. Karen Swarts en haar vriend, Lee Meyeridricks. Nie net het sy reggekry om almal vrolik aan die dans te kry nie, maar ons terrein is kreatief deel van die video. Lees en kyk gerus na die vreugde wat ons gedeel het en Bianca van der Walt se berig.

van die WKOD, Kaapse Wynland Onderwysdistrik, en ons energieke Kringbestuurder, mnr. Darryl Mathys, ontvang. Die koshuis en skool was onderwerp aan baie streng skoonmaak-maatreëls en alle eer aan ons Koshuisbestuur, Terreinpersoneel en ander ondersteuningsdienste wat dit tot die letter uitgevoer het. Uit-die-boks denke was nodig om Sport-en-Kultuur toekennings te maak; verkiesings vir die studenteleiers vir 2021 te laat plaasvind, gevolg deur hul opleidingsnaweek; die gr. 11-Seminaar te laat plaasvind, sodat die matrieks van 2021 weet wat van hulle verwag word. Hulle is alreeds met hierdie skrywe besig om die ontvangs van die gr. 8’s van 2021 te beplan. Na Maartmaand het geen formele sport plaasgevind nie, maar ’n groep entoesiastiese afrigters het onder leiding van André van der Burgh ’n gespesialiseerde kondisionerings-program van stapel gestuur. Dankie aan die res van die span, Morné van Tonder, Shaun September, Muller Joubert, Marianna Schoeman, Matthew Swart en Janus Heystek. Soos wat omstandighede verander het, het die ander afrigters ook begin aansluit. Die 160-vieringe is ook in die wiele gery, maar mev. Karin Leibbrandt het deurlopend kreatiewe plasings op sosiale media gedoen. Mev. Mariechen Vermeulen en die Groen Komitee het die Tuindagvieringe van 11 Oktober omskep in ’n vrolike saamwerk op 8 en 9 Oktober. Leerders het blommekranse gemaak en, met hul hooftooisels, ’n 160 op die Astro gevorm. Ons het selfs die voorblad van Die Burger op 10 Oktober versier! Mev. Karen Swarts het ’n treffende video ‘ 160 years in 60 seconds’ saamgestel om die jare nostalgies saam te vat.

OORWINNING OOR DIE NUWE NORMAAL – EN ONS BLY DANKBAAR In die Gedragskode vir leerders, verwys ons na die verantwoordelikhede van leerders, ouers en personeel. Hierdie driehoek se verbintenis was nog nooit so nodig en belangrik soos vanjaar nie. Of dit op akademiese, fisiese of emosionele gebied was, ons moes mekaar onderling ondersteun en bemoedig. Op 4 November kon ouers en leerders na ’n kundige, Elmari Hoffman-van Rooyen, luister oor emosionele welstand: ‘ Doing Life when Times are Tough ’. Aktiwiteite wat ’n direkte invloed op 2021 se werksaamhede het, het prioriteit geniet. Die volle kurrikulum van 2020 is voltooi, sodat 2021 glad kan verloop. Werk wat nie in die formele eksamen geassesseer is nie, is deurlopend geassesseer. Bevordering en promosie na die volgende graad sal egter steeds volgens Departementele regulasies geskied. My opregte dank aan die Skoolbestuurspan en die onderwyspersoneel wat met baie veranderinge gekonfronteer is, maar dapper voortgestu het! Ons het gekwalifiseerde ondersteuning

On Friday, 2 November, the Matrics enjoyed a belated 40 Days , where they could bond with their Sotte for the last time. The Grade 8s surprised their Miladies in the En Avant with flowers and special cards. The Matric Farewell, or no Matric Farewell, elicited a great deal of discussion. For example, decisions regarding a venue had to be made timeously. However, amidst all the uncertainties, one definite decision was made: La Rochelle would arrange an event – which would adhere to Covid regulations – for the Matrics, and it would take place on the school premises. This culminated in a combined Matric Function and Valedictory Service on 22 October, which was the highlight of the year for the Matrics who had to endure so much in their final year at school. We wish to thank the

2020 | 160 • 7

Made with FlippingBook Online newsletter