La Rochelle 2020

 JAARVERSLAG

ONS KEER TERUG EN ONTVANG DIE MATRIEKS OP 1 JUNIE 2020

Na baie onsekerhede, chaotiese nasionale nuuskonferensies en beplanning deur die Skoolbestuurspan (keer op 18 Mei terug) en

onderwyspersoneel (keer op 25 Mei terug), keer die Matrieks op 1 Junie terug. Ook die koshuis moes aanpas by streng protokol om die leerders te akkommodeer. Spesiale toestemming is in Mei verkry om die opgraderings van die laaste badkamers in die koshuis se Hoofgebou te voltooi. Die werk aan die pad by die uitgangshek kon ook voortgaan. Werk aan die Astro kon in Junie hervat word. Met die personeel se terugkeer het ons die vreemde stilte ervaar van gedempte stemme agter maskers en oë wat nou die praatwerk doen. Baie emosies van persoonlike ervarings en aanpassings moes verwerk word. Dit was dieselfde geval met die Matrieks. Ons het geleer om tydens die eerste week van terugkeer, eers na die psige om te sien en daarna die akademie wat aanlyn afgehandel is, te konsolideer. Een van die uitdagings tydens die vroegtydige sluiting van die skole op 18 Maart en die daaropvolgende landwye grendeltyd op 27 Maart, was die skep van aanlyn-platvorms waar leer kon plaasvind. Personeel by La Rochelle het vanaf 31 Maart met aanlynleer vir alle grade (8-12) begin. Alle leerders was reeds in besit van hul eie epos-adresse en personeel het die platvorms gebruik wat hul kennis en vak pas. Met die terugkeer van die personeel is opleiding gegee om MS Teams te gebruik met die doelwit om alle vakke teen einde 2020 daarop oor te skakel. Met die terugkeer van die leerders is die wifi aan almal beskikbaar gestel om gratis toegang tot leermateriaal te bekom. Twee projektors is aangekoop om leerders in nuwe lokale te akkommodeer, en addisionele skootrekenaars is beskikbaar gestel aan onderwysers wat pendel. Toerusting is ook vir onderwysers aangeskaf om te help met die maak van opvoedkundige video’s. Om die matrieks spesiaal te laat voel, is ’n geel roos vir elk bestel. Toevallig was hul Matriektruie gereed en dit is met groot trots gedra. Hulle het ’n pakkie ontvang met ’n Larrie handelsmerk-masker, WKOD maskers, gesigskerm en die COVID-19 regulasies en protokol (en ’n soet verrassingtjie!). Al die ander grade het soortgelyke pakkies gekry soos wat hulle teruggekeer het. Die graadhoofde en registeronderwysers het ’n groot rol hierin gespeel. Ons het woorde soos ‘komorbiditeite’ aangeleer en ’n platvorm geskep vir vinnige, maklike kommunikasie. Ek kan nie nalaat om te noem dat ouers en leerders hierdie platvorms met respek hanteer het nie. Dit is beslis een van die fasette, wat soomloos in 2021 oorgedra sal word. By die matrieks het ons die lesse geleer van wat voorlê. Die verlies van die vorige roetine, gestruktureerde buitemuurse programme, uitbundigheid van optredes en sportbyeenkomste se letsels was daar! Die drome om provinsiaal en/of nasionaal te presteer was in skerwe. In die woorde van ons koorafrigter, Johannes Schickerling: ‘ As daar voor grendeltyd ’n kraak was, het dit nou ’n kloof geword .’ Dit was die werklikheid wat bestuur moes word. Ons het egter vasgeklou aan die hoop vir ’n beter ‘môre’, ten spyte van al die onsekerhede. ‘If you only carry one thing throughout your life, let it be hope. Let it be hope that better things are always ahead.

Larrie maskers

Let it be hope that you can get through even the toughest of times. Let it be hope that you are stronger than any challenge that comes your way. Let it be hope that you are exactly where you are meant to be right now, and that you are on the path to where you are meant to be. During these times, hope will be the very thing that carries you through.’ – Nikki Banas GRADES 8 TO 11 BEGIN TO FILL THE PASSAGES Just when the Matrics started experiencing the school as their own, they had to share it again with the next group, the Grade 11s! They returned on 29 June, while the Grade 10s returned on 6 July. New 1-hour timetables were drawn up to accommodate each group. The Grade 9s (11 August) and the Grade 8s (17 August) were phased in and the school followed a rotational timetable, with the Grade 12s being present on a continuous basis. Their Trial exam was written from 18 August till 18 September. Mrs Yolandi Naude tendered her resignation to care for her son at home, but was still conducting online classes until the end of July. She was involved in the teaching of English Home Language since January 2018, and also played an integral part in extramural activities. She was involved with Debating, the Avanti , the English Olympiad, u/14 Hockey, as well as school productions. We will miss her expertise and dedication. Mrs Soné Ackerman was appointed to the English Department, after some of the classes were re-shuffled. Mrs Mariechen Vermeulen joined the Western Cape Schools’ programme, Life Sciences Telematics , as a presenter and received glowing feedback. They have commissioned her for 2021 again. In September, fourteen of our learners took part in the first Robotica Club, where they used ‘micro-bit’ to, amongst other things, make virtual dice and emoji badges. They ended off the year by programming a ‘rock-paper- scissors’ game, where players compete against each other, over a distance, by means of radiowaves. We are privileged to be able to make use of Mr Quinton Meades’s expertise. He was also responsible for the previously- mentioned upgrades to the IT-network, and the setting up of platforms for online-learning, and all other links to improve communications, and to gather information.

6 • 2020 | 160

Made with FlippingBook Online newsletter