La Rochelle 2020

 ONTLUIKENDE SKRYWERS

AFRIKAANS STIL DIE STORMS Storms omring die huis. Bome se siele word rondgegooi; reën hamer met alle mag teen die vensters. Dit is ’n wonder ek hoor haar klop. Toe ek die deur oopmaak, staar twee leë oë na my. Geklee in ’n geel reënjas met slierte wat aan die kante van haar moddergevlekte gesig vasklou. Dit lyk asof sy al die storms van die lewe die hoof gebied het. Ek sit in stilte terwyl die storm buite woed. Sy het nog niks gesê nie. Dit laat my wonder of sy stom is en óf sy eenvoudig net niks het om te sê nie. Sy loop in die vertrek rond – streel die voorwerpe. Sy ruk effens elke keer wanneer die donderweer buite brul. Sy gaan staan stil voor my boekrak met verwondering wat in haar oë brand. Ek los haar vir ’n tyd alleen beker leeg is, staan sy weer vasgenael voor die boekrak. Sy streel die boeke só asof hulle kwesbaar is. Kosbaar is. Haar hand stop by ’n digbundel en sy neem dit versigtig in haar hande. Sy kom staan voor my; hou die boek na my uit. My hande vind hul pad oor die voorblad. “Die gewildste Afrikaanse gedigte”, lees die titel. Herinneringe van familietye om die vuur stroom in. Aande wat Pa Antjie Krog sou voorlees. Sy neem haar plek in op die vloer – soos ’n klein dogtertjie wat spannend wag. Buite huil die wind met trane van reën. My stem vul die vertrek met Breytenbach se woorde. Die wind hou op snik en die reën hou op teen die vensters hamer. Mense nooi hulsef in om te kom luister. Hierdie een taal is wat almal in die vertrek verbind. Soos ek aan die slaap raak, hoor ek haar stem. “Dankie,” fluister sy en deur die donkerte kan ek haar glimlag voel. BIANCA VAN DER WALT – GRAAD 9 DIE HOOP BESKAAM NIE… Vandat ek skool toe is, is die trotste oomblik in elke week vir my, wanneer ek in my uniform staan en my volkslied sing. “Nkosi sikelel, iAfrika” Dit het my laat voel ek is deel van iets – iets groot en kosbaar. In my sewejarige verstand was alles in een taal en ons was almal een land, een reënboognasie. Ons was almal een span. Dis eers ’n paar jaar later dat ek besef dis in vyf tale wat ons sing en vandag voel dit vir my hier is baie mense wat dink en leef asof ons nie almal Suid-Afrikaners is nie. Dit gebeur nie baie dat ek sonder woorde is nie, maar deesdae is ek stomgeslaan. ’n Eenheid is ons verseker nie. Oorlog met of teen ’n ander land is nie eers nodig nie, nee wat, ons gaan sommer onsself uitroei. My hart pyn oor die sinnelose verlies elke dag. Mense steel en vermoor kinders, as daar ontevredenheid is – brand af, steel, wees korrup, vermoor ’n boer, lieg en bedrieg, versuim jou plig, los skool, leef sonder genade of respek vir jou mede Suid- Afrikaners. Onthou CJ Langenhoven het gesê: “’n Oog vir ’n oog, maak ons almal blind.” Daar is nie meer ruimte om verskillend te wees nie en net party van ons het vryheid van spraak. Is die hart van ons nasie dan nie juis in ons verskeidenheid, ons diversiteit nie? Dit is dan juis die feit dat ons agtergrond, kultuur, terwyl ek vir ons warm sjokolade maak en met stomende bekers terugkeer. Sy slurp asof sy dae laas iets oor haar lippe gehad het. Toe die

taal en erfenis verskil, wat ons so ’n indrukwekkende en dinamiese nasie maak. Waar is daardie trotse Suid-Afrikaners, wat voor die Bokke uitdraf, met hulle hand op hulle harte staan en sing:” Nkosi sikelel iAfrika” Here, seën Afrika… Lees asseblief dadelik die betekenis van ons volkslied hier. Vir my is dit soos ’n gebed vir ons almal. As jy nie die woorde met jou hart, siel en verstand sing nie en dis nie jou hoop vir almal in ons land nie – bly asseblief stil. My hoop is natuurlik op ons land se je ug. Ons sal moet hande vat, ophou terugkyk en moet vorentoe beur met oë wat nie rasse sien nie, hande wat mekaar ophelp en voete wat mekaar help dra. My wens is dat elke Suid-Afrikaner versadig en veilig kan gaan slaap en waardig sal kan opstaan elke oggend. Dat ons vir mekaar die son sal gun. Dat ons almal sal sing: “…en verenig sal ons staan. Kom ons leef en streef na VRYHEID…” Ek deel graag hierdie mooi stukkie Afrikaans van DJ Opperman met julle “…dat ons as een groot nasie in die gramadoelas, met elke stukkie sinkplaat en met elke wiel, en wit en bruin en swart foelie agter skoon glas ewig U sonlig vang en na mekaar toe spiel.” MELA BOTHA – GRAAD 11 DAAR’S ’N WIND WAT WAAI Die winde van verandering is partykeer goed. Ons verval gou in gemaklikheid of in ’n dooiemansland, waar dinge dieselfde is en bly. Alles kan so voorspelbaar wees. Baie dinge word gesê oor 2020. Baie negatiewe dinge. ’n Wêreld het meteens tot stilstand gekom en die nagevolge gaan nog vir lank gesien en gevoel word. Die wind is uit ons seile geneem. Dit het verandering gebring en dit het ons net weer gewys dat dié wat aanpasbaar is en hulle seile kan draai, die storm sal oorleef. Skielik was daar ook tyd. Tyd vir dink, vir jou familie, vir oorweging, tyd vir inhaal, selfondersoek, tyd om jou seëninge te tel en dalk ’n oomblik om net te kan wees. Ja en ewe skielik kon jy sien wie en wat regtig saak maak en hoe dankbaar jy moet wees. My ma sê baie vir ons: “Pasop vir ’n gejaag na wind.” Dit laat my nogal wonder wat jy sal doen as jy dan nou die wind ingehaal en gevang het? Sal jy die wind probeer vashou of beheer, dit dalk in ’n sakkie probeer sit? Om dan wat daarmee te doen? Wind kan nogal ’n vernietigende element in die natuur wees. En moenie eers vuur in dieselfde asem noem nie. In Hos. 8:7 staan:” Wie wind saai, sal storms maai ...” Het 2020 jou dalk gedwing om te kyk na die wind wat jy jaag? Na die wind gaan lê het, het ek ’n bietjie gedink. As al die dinge waaraan ek deelneem en die alledaagse aktiwiteite, soos skoolgaan, weggeneem word, wat het ek oor? My antwoord: mense! In hierdie jaar het ek besef hier leef engele tussen ons. Omring jou met die regte mense en die wind sal jou nie verwaai nie. Raak bewus van die waarde van die regte mense om jou en koester hulle. Partykeer moet ons verandering aangryp en die wind toelaat om mense in ons lewens in te waai.

ONTLUIKENDE SKRYWERS

MELA BOTHA – GRAAD 11

44 • 2020 | 160

Made with FlippingBook Online newsletter