La Rochelle 2020

 JAARVERSLAG

Op 7 Februarie besoek 2 voormalige skoolhoofde, mej. D.C. le Roux (Skoolhoof 1963-1992) en mev. J.M. Heydenrych (Longland), (Departementshoof vanaf 1972-1985, Adjunkhoof 1985-1992 en Skoolhoof 1992-2001) die skool. Ons het van hierdie geleentheid gebruik gemaak om mej. Le Roux se verjaarsdag op 9 Februarie te vier en ook die nuwe somerrok en hoed aan hulle bekend te stel. Met hul herinneringe en staaltjies het ons weer die Larrie-ketting verstewig.  Die toename in die gebruik van opvoedkundige tegnologie en e-leer het dit noodsaaklik gemaak dat die IT-netwerk opgradeer word. Tydens die Desember- vakansie van 2019 en Januarie 2020, het One2One IT Services die skool se netwerkopgradering voltooi. Die nuwe UniFi -netwerk, wat uit 1.5 km kabels, 61 netwerkpunte, 3 kabinette en 28 wifi-nodes bestaan, sal verseker dat leerders en onderwysers vinnige, betroubare internet-toegang het. Daar is ook voorsiening gemaak om die netwerk uit te brei met addisionele wifi-nodes, soos wat die behoefte toeneem. Hiermee saam, het die skool ook ’n 1 Gbps-vesellyn aangeskaf om die bestaande 100 Mbps-lyn aan te vul.  ’n Pragtige CD-opname van die Koor word opgeneem, maar word eers in Oktober vrygestel as gevolg van die sluiting van musiekateljees.  The only sports in which the learners could participate were tennis, swimming and athletics. The winter sports codes started with their preparation for the season, but no tournaments or matches could take place.  We were privileged to take part in the 4G Swimming Gala in Girls’ High’s new pool.  The highlight of the year is undoubtedly winning the 4G Athletics Trophy – which once again graces the foyer – albeit against all expectations. This was a veritable team effort on the track, field and pavilion. We are proud of the example set by the largest group of Matric athletes ever to have competed in the 4G. We pay tribute to the group of athletes who, under the very competent and professional coaching of André van den Burgh, trained throughout the holidays. Their commitment paid off with improved personal achievements and amassing 60% of the total number of points on offer. En Avant !  HMS La Rochelle wen in Oktober 2019 in Groenpunt die eerste Twizza Skolereeks . Ons kwalifiseer vir die Twizza-Grand Finale op 1 Februarie 2020 by die Universiteit van Pretoria. Die span van 15 atlete eindig nasionaal VIERDE – ’n skitterende prestasie wat ons bo-aan die lys vir Weskaap skole plaas. Menlopark, HMS Pretoria en Helpmekaar het die eerste 3 plekke beklee.  No Sport and Culture Prize-Givings took place, but results and achievements were posted on social media. Special awards are published in the Annual.  Groot vordering is gemaak met die oprig van die Astro Hokkiebaan, maar dit moes tydens die grendeltyd gestaak word. Om die Projekte Fonds te versterk en om aan te sluit by Klub 200 En Avant , het die Skoolbeheerliggaam ’n eerste – ‘ Evening with Stars ’ – in die En Avant aangebied. Die SBL is bygestaan deur die organisatoriese vermoëns van mej. Nadene van Aswegen (Adjunkhoof) en mev. Karin Leibbrandt (Hoof: Sport, Kultuur en Bemarking).

Gr. 8’s ontvang hoofde by koshuis

OUDHOOFDE BESOEK

Hoofde en personeel

Hoofleiers oorhandig blomme

Mev. J.M. Heydenrych (Longland, mej. D.C. le Roux, mej. Amanda Lochner

4 • 2020 | 160

Made with FlippingBook Online newsletter