La Rochelle 2020

HOSTEL 

KOSHUIS H

KOSHUISPREFEKTE / HOSTEL PREFECTS VOOR: Elisbé Swanepoel, Rhoné van Niekerk, Helen Lategan, 2DE RY: Kaylie Lategan, Marli Dreyer, Emma Basson 3DE RY: Joline van Zyl, Sunet Verhoef, Marietjie Visser AGTER: Danel Dreyer (Onder-hoofmeisie), Janke Oosthuizen (Hoofmeisie), Rebecca Willemse

Have you ever read the novel, Love in the Time of Cholera , by Colombian Nobel prize-winning author Gabriel García Márquez? Well, I have not, solely because the title did not make sense to me until now.

Here, in 2020, we are faced with a pandemic of epic proportions and I could fittingly name this report Hostel Life in the Time of COVID-19 . Dis is met ’n dankbare gees dat ons hierdie verslag kan aanbied, siende dat te midde van die uiters uitdagende tyd met die COVID-19 pandemie, die La Rochelle Koshuis sterk staan. Ons verskaf daarom graag inligting oor ’n paar aspekte. 1. LEERDERS:  Getalle: Ons het 2020 met 212 leerders begin en staan tans op 193. As gevolg van die grendeltydperk en gepaardgaande kwessies, het 19 meisies die Koshuis verlaat waarvan 6 aangedui het dat hul wel weer in 2021 sal terugkeer. Die leerders wat in die buiteland was, kon almal terugkeer.  Koshuisbeleid rakende COVID-19: Die Koshuis het, in ooreenstemming met die skool, leerders geleidelik infaseer. Danksy die week- rotasie-stelsel kan ons die 3 grade per week met gemak binne ons fasiliteite hanteer met slegs die gr. 8 en 9 leerders wat dieselfde kamers moes deel. Leerders en ouers is voor hul terugkeer breedvoerig via whatapp-groepe op hoogte gehou van prosedures. Elke groep is op die voorafgaande Sondagaand verwelkom met ’n inligtingsessie waarin elke aspek weer noukeurig bespreek is.  COVID-19 infections: We are thankful to report that all Hostel dwellers and staff remained free from COVID-19 infection.  Leerdergesindheid: Die positiewe wyse waarop die leerders die streng regulasies rondom die nuwe leef- wyse in die Koshuis hanteer het, verdien spesiale vermelding. Die Miladies van 2020 was uiteraard die proefkonyne – hulle het die situasie hanteer soos ware Larrie dames. Met grasie en ’n stille selfvertroue het hulle die voorbeeld gestel. Ons is baie trots op hulle. 2. PERSONEEL: Die personeel het op 25 Mei weer aangemeld vir diens. Ons is bevoorreg om te kan sê dat geen van ons personeel vanaf die aanvang uit diens was as gevolg van direkte COVID-infeksie nie. Tannie Toekie van Vuuren het vanjaar by ons aangesluit en het bewys dat sy ’n waardige spanspeler is. Tannie Petro Theunissen verlaat ons aan die einde van hierdie jaar. Sy was van 1 Mei 2012 af deel van ons personeel daar in Groen gang. Sy het groot planne vir die toekoms. Die eerste daarvan is om, sodra COVID-19 dit toelaat, saam met ’n vriendin die Kalahari en Namibië te verken. Ons is dankbaar vir haar diens en wens haar net die beste toe.

3. COVID-AANPASSINGS IN DIE KOSHUIS:  Die Miladies was vanaf 1 Junie deurentyd in die Kos­ huis terwyl die ander grade stelselmatig aangesluit het: gr. 10 en 11 vanaf 29 Junie en gr. 8 en 9 vanaf 11 Augustus. Die leerders is weekliks op rotasie basis gehuisves.  Etes het in sittings plaasgevind sodat daar nooit meer as 50 persone op ’n gegewe tydstip in die eetsaal was nie  Badkamers is spesifiek geallokeer en “WC”-kaartjies moes aan ’n bord opgehang word om teenwoordigheid aan te dui.  Die jaarlikse Fresh on Faure Damesoggend, gewoonlik in September, kon ongelukkig nie plaasvind nie.  Die jaarlikse afsluitingsdinee is vervang met ’n kleiner formaat wat net die Miladies, diensdoenende personeel en gr. 9’s, as kelners, ingesluit het. Hierdie meer intieme formaat het baie byval gevind en ons het besluit om dit dan so te hou vir die toekoms.  Hoewel baie van die ander aktiwiteite dan nie kon plaasvind nie, het die gees in die Koshuis positief gebly. We are glad to report that despite the lockdown we could manage to complete the so-called ʻBathroom Project’ initiated in 2016. All the bathrooms in the Main hostel have now been refurbished. On that positive note our wish is that all of us take the lessons we have learnt in these trying times and build on them. In die ‘wyse’ woorde van Danel Dreyer, ons Koshuis Onder-Hoofmeisie van 2020: “Mag 2021 val waar hy moet, want 2020 het geval waar hy wou!”  SONNET VORSTER – HOSTEL SUPERINTENDENT

2020 | 160 • 33

Made with FlippingBook Online newsletter