La Rochelle 2020

 KOSHUIS

H

A

JANKE OOSTHUIZEN – KOSHUIS HOOFMEISIE

Aan die einde van 2019 is daar ’n belofte gemaak aan die koshuisdogters en dit was dat 2020 ’n jaar gaan wees wat almal vir die res van hulle lewens sal onthou. Ek dink ons kan almal met eerlikheid sê dat niemand ooit hierdie jaar sal vergeet nie! Dit voel onwerklik om te dink dat vyf jaar se vriendskap, herinneringe en vreugde nou tot ’n einde moet kom.  2020 het beslis afgeskop met groot opgewondenheid onder die dogters. Ons as leiers se hoofdoel vir 2020 was om opnuut

koshuis beslis nie wees wat dit vandag is nie. Aan juffrou Bothma en juffrou Voster, die twee dames wat seker maak elke dogter is gelukkig, ongeag die situasie, dankie dat julle altyd die ekstra myl stap vir elke koshuisdogter en alles in julle vermoë sal doen om ons altyd te ondersteun. Hierdie jaar sou nie moontlik wees sonder my regterhand nie! Danel, dankie vir die spanmaat wat jy hierdie jaar vir my was. Ek kon regtig nie vir enigiemand beter vra om hierdie jaar mee te deel nie. Dankie vir al jou hulp, ondersteuning en bemoedigende woorde. Ek is so dankbaar vir die voorreg wat ek gehad het om saam met jou ’n wonderlike groep jong dames te kon lei. Ek sal hierdie jaar regtig nooit vergeet nie. Om hoofmeisie van die koshuis te kon wees, is regtig ’n droom wat waar geword het. Ek is dankbaar vir elke dogter wat hulle vertroue in my gestel het en in my geglo het. Ek wil ook uit my hart uit dankie sê vir elke prefek wat hierdie jaar die pad saam met my gestap het. Ek en Danel sou nie hierdie journey sonder julle kon voltooi nie. Dankie vir julle uithouvermoë met my en ook julle insette en harde werk. Julle was ’n ongelooflike span om mee te werk en ek verruil julle

weer koshuistrots onder al die leerders te bewerkstellig. Alhoewel ons weens Covid-19 nie juis die nodige tyd gehad het om aktief aan ons doelwitte aandag te gee nie, glo ek werklik dat elkeen van die dogters weer opnuut besef het watse voorreg en eer dit is om in die koshuis te kan wees. Ongelukkig was ons jaar as gevolg van die pandemie kortgeknip, maar hoe bevoorreg is ons nie om te kan sê dat ons ’n wonderlike, opwindende eerste kwartaal in die koshuis gehad het nie?  Dit is werklik ’n eer om deel te kan wees van ’n koshuis waar dogters mekaar ondersteun ongeag die omstandighede.

vir niks. Alhoewel Covid-19 baie uitdagings gehad het, het dit ons sterker gemaak. Dit het ons laat besef hoe nodig ons mekaar het en dat ons mekaar moet waardeer asook die tye wat ons saam met mekaar kan spandeer. Ek sal hierdie jaar met al die uitdagings vir niks verruil nie, want dit het my geleer om die kleiner dinge in die lewe te waardeer en hoe om uit te styg en positief te bly wanneer dinge moeilik raak. 

Hierdie jaar sou nie moontlik wees sonder die personeel wat deel vorm van die hart van die koshuis nie. Dankie aan elke tannie wat sorg dat die koshuis altyd netjies en skoon is en wat altyd sorg dat elke dogter saans gaan slaap met ’n maag wat vol is. Aan elke koshuistannie wil ek sê ek dink nie ons as koshuisdogters wys dit altyd nie, maar ons waardeer alles wat julle doen, sonder julle sou die

Danel Dreyer en Janke Oosthuizen

DANEL DREYER – KOSHUIS ONDER-HOOFMEISIE

N

Niemand het verwag dat 2020 so sou uit draai nie. Dit was soos geen ander jaar nie, maar as koshuis susters het ons sterker aan die anderkant uitgekom. Ek wil vir juf. Vorster en juf. Bothma dankie sê dat julle altyd daar was vir ons. Ek weet ons kan ’n handvol wees, maar dankie vir al die geduld wat julle met ons gehad het. Ek weet dit was nie maklik nie. Aan Janke, my yster, hierdie was dalk nie die jaar wat ons in gedagte gehad het

Mag ons altyd onthou hoe die gange in die oggende van harde musiek gedreun het, van seer kele en dowe ore na 4M se wen, van menigte potplante wat by die vensters uitval, van lyndans en sokkie elke geleentheid wat ons kon kry, van vreemde rooi sirkels op baniere vir 40 day s en iemand wat in die gang vra: “Wat was die afkondiging?” Ek dra hierdie herinneringe altyd saam met my. Aan die Graad 8’s: Al het ons nie baie tyd saam gehad nie, was dit ’n voorreg om julle Miladies te kon wees. Ek kan nie wag om te sien hoe julle blom hier in La Rochelle nie. Onthou om elke oomblik te koester en geniet die res van julle hoërskool loopbaan. Al kon ons nie al die goeie tye en koshuis aktiwiteite saam deel nie, het ons verseker die tyd wat ons saam gehad het steeds benut en ’n sterker band as susters gevorm. Dit was ’n voorreg en eer om julle te kon lei in 2020. Dankie vir hierdie wonderlike geleentheid wat julle my gebied het. Wené en Stella, sterkte met julle jaar wat voorlê en ek wens julle net die beste vir 2021! Ek hoop 2021 val waar hy moet, want 2020 het geval waar hy wil. 

nie, maar ons het dit verseker ’n jaar gemaak wat niemand sal vergeet nie. Dankie dat jou humor altyd my slegte dae beter gemaak het. Mede matrikulante: Julle het my geleer wat saamstaan en deurdruk regtig beteken, en om, ten spyte van omstandighede, nog steeds die beste van elke oomblik te maak en onsself te geniet soos net ons graad kan.

32 • 2020 | 160

Made with FlippingBook Online newsletter