Boishaaier 2018

Die ABC van Hoër Jongenskool

Die kantoordeur vertel

’ n Ambassadeur vir ons skool en land, ons doen ons woord gestand. Ons roem op ons balans tussen akademie, sport en kultuur; dit is waarom ouers hul kinders na Boishaai stuur. Christenskap kan jy hier uitleef, ’n voorbeeld vir ander om na te streef.

A Ambassadeurs

Ek is maar net ’n deur. Een van so baie. Tog is ek nogal belangrik. Ek is die wagter van die hoof van die HJS se kantoor. Vandag is weer Maandag. Ek hou nie van Maandae nie. Hoe- veel lyding sal ek weer vandag moet aanskou? My hele lewe lank wonder ek waarom onder- wysers Maandae so moeilik is. Uiteindelik het ek besluit dat die onderwysers Maandae met die verkeerde voet uit die bed klim. Op hierdie oomblik is een van die arme bloedjies juis weer binne vir ondervraging. Hoe hy ook al probeer om sy saak te stel, die hoof wil maar nie begryp dat hy Saterdagmiddag rugby gespeel het en dus nie Saterdagaand kon huiswerk doen nie. Sater- dagoggend was hy weer te opgewonde. Vrydag het hy sy skryfwerk afgehandel. Hy is egter nie oortuigend genoeg nie en die houe volg dof op mekaar. Laat ons hoor wat is die volgende een se aanklag. Nou reken! Net omdat daar agter in sy toetsboek (heeltemal onskuldig natuurlik) ’n paar aantekeninge was, moet hy nou die hoof kom spreek. Daar is egter die geringe moont- likheid dat hy dit met opset gedoen het, en die geskiedenis herhaal homself. Ten spyte van my simpatie dink die kinders nie baie van my nie. Vir hulle is ek maar net ’n deur. Maar wag, hier kom alweer ’n kêreltjie sleepvoetend nader. Sy hand bewe liggies op my knop . . . D BOUWER – GRAAD 8 (1961)

Balans

B

C Christenskap

Dissipline word hier toegepas, anders kry jy die trekpas

D Dissipline

Eerbiedig tree ons op, anders is jy in die sop.

Eerbied Familie

E F

Soos ’n familie is ons by Boishaai, so ’n skool is dun gesaai. Goeie gedrag is waarop ons roem, enige omstander sal dit kan noem.

G Gedrag

Hoflik is ons beslis, hiervan kan jy jou vergewis.

H Hoflikheid

Integriteit is vir ons van belang, ons wil dit aan die groot klok hang.

Integriteit

I J

Die jongens van die skool, is uitgesoek, so by my kool!

Jongens

Toneel, musiek, drama en voordrag... Kultuur is meer as wat jy verwag.

K Kultuur

Leiers word hier opgelei, beter sal jy nêrens kry. Lees Boishaai se missie en jy sien ons het visie.

Leiers

L

M Missie N Nastreef

Die waardes wat ons hier nastreef; dis hoe elkeen behoort te leef. Oordeelkundig gaan ons te werk, ons maak ons merk. Die seuns het soveel potensiaal; kyk net wat ons als behaal. Respek het ons vir ons medemens; dis ietsomvoorte wens. Goeie sportmanskap is hier ’n tradisie, weliswaar deel van ons missie. ’n Trotse tradisie word hier gevind; dit sal jou lewenslank verbind. Quivive beteken jy moet in jou pasoppens wees, verseker moet jy hier jou reëls lees.

Oordeelkundig

0 P

Potensiaal

Q Quivive R Respek

Sportmanskap

S

T Trots

U Uitnemendhied As sentrum van uitnemendheid staan ons bekend; dis waarom ons ons hierheen wend. V Verantwoordelikheid Verantwoordelik en verdraagsaam tree ons op; dit ervaar elkeen wat hier kom aanklop. W Wilskrag Wilskrag om te presteer, wat wil jy nou meer? X Xenofilie Xenofilie is goedgesindheid teenoor vreemdelinge; dit is maar een van ons handelinge. Y Ywerig Ywerig is ons oor die werk; dit laat ons nie in kwaaad sterk. Z Zest Boishaai se manne het zest, van hier tot in Boekarest! PIETER STOFBERG – GRAAD 8 (2006)

Weervoorspelling Maandagoggend. Die wekker skril soos ’n bekende onderwyser. Met een beweging maak ek dit stil en skakel die radio aan. Ek luister: “Hier volg die weervoorspelling vir die gebied onmid- dellik noord van Auret- en oos van Proteastraat, gelees deur Pieter Cilliers. In Kotzéland word ’n donderstorm verwag, onmiddellik waarna dit mooiweer en warm sal wees. Stormtoestande sal heers in die republiek van die heer G. Jooste en oorverdowende don- derweer sal gedurig gehoor kan word. In die kunsklas van Dawid Botha sal dit nog steeds winter wees. In Grieselnasium sal agt pe- riodes van uitputtende warm weer ondervind word, met elkeen gevolg deur ’n koue stortreën. Op Besterplaas mag donderstorms voorkom, en stikstofbinding sal bevorder word deur die periodieke bliksemstrale. In Freemonland is die weervoorspelling dieselfde as dié van gister. In Boomland sal ’n radelose kalmte ondervind word. Peacockaboratorium se weer is onvoorspelbaar, maar Radio HJS se verteenwoordiger by Imhoff, Pieter Fourie, berig dat swaar buie om vyf-voor-twaalf verwag kan word. Hier volg ’n noodberig wat u omroeper so pas bereik het: Daar is vasgestel dat die Orkaan Koch die Hoër Jongenskool vandag sal tref en moontlik heelwat skade sal veroorsaak. U word aangeraai om voorsorgmaatreëls te tref om te verhoed dat die orkaan u haarstyl bederwe. Vir beskerming kan u van bomskuilings en Young se haarkappersalon gebruik maak.” Ek dink aan my ongedane huiswerk, ek vat deur my kuif en ek draai om en slaap verder. Waag ek my vandag by die skool, voel ek vanmid- dag soos ’n natgereënde hoender. R. NICHOLAS (1968)

Wat is Boishaai? Buitengewone prestasies? Blink vertonings? Onverwagte en verdien- de suksesse? Rugbyspanne wat hulle krag toon deur teenstand plat te vee en in die proses spel van buitengewone gehalte lewer? Atlete wat skitter-prestasies lewer, die belangrikste plaaslike byeenkomste oor- heers en die derde plek verower in ’n kompetisie tussen die top-atle- tiek-skole van die land? Verdere prestasies in swem, hokkie, gholf . . . te veel om op te noem? Of is Boishaai: Skitterende prestasies op akademiese gebied, bykans elke jaar een of meer matrikulante op die Kaapse merietelys? Aktie- we kulturele verenigings? Uitblinkers wat die redenaarskuns en mu- siek betref? No, this does not constitute Boishaai - it is but a part of the great Paarl Boys’ High School. Academics, culture and sport are only factors contributing to the educational task of Boishaai - a task aimed at the living of a balanced life. Boishaai is the co-existence of two language groups resulting in respect for that which is treasured and loved by each group; thus acting as a unifying factor in the in- terest of our fatherland. Boishaai is a feeling, something everybody connected with Boishaai carries with him through life. Boishaai is today, but also yesterday and tomorrow - its inspiration for the future flows from its traditions of the past. We are here in the interest and to the benefit of Boishaai; Boishaai is not there to be used in our own interests! MNR. KS VAN DER WALT oud-onderwyser en –redakteur van die jaarblad (1981)

BOISHAAIER 2018 / Van Toeka Tot Nou

’n Onvergeetlike wedstryd

nou en dan ’n koel windjie wat ons red. Faure-stadion is propvol gepak met toeskou- ers. Die Spurburger en doughnuts vind hul plek in my mond. Ek spring op en af, sing met my hele hart en lyf. My been seer van die kramp, maar ek hou aan sing. My mond vol bloed van my tong wat gebyt is, maar ek hou aan sing. My keel seer van die skree, maar ek hou aan sing. My broers langs my in hierdie blou see, wat nooit

ophou sing nie, is warm, maar ons hou vas, sterk aan mekaar, gebind deur broederskap. Die nommer 10 maak reg vir die mees be- langrike skop ooit. Daar is net een 150ste jaar. Hy skop … Die ligte windjie stoot die bal ’n bietjie regs, dit mis die linkerpaal net-net. Die telling 26 – 25. LIAM CARRUTHERS (9B)

Stilte. Stilte rondom die hele Faurestraat se stadion. Die telling 24 – 25. Die skop, die mees belangrike skop van sy hele skoolloop- baan, die skop wat hul sukses sal bewys. Geen tweede kanse hierna nie. Alles hang af van die skop in die linkerhoekie. Dit ruik soos ’n gimnasium, vol sweet. Elke

99

BOISHAAI 150 YEARS

Made with FlippingBook Online newsletter