Boishaaier 2018

Van Toeka Tot Nou

A (re)view of Paarl Boys’ High from a Grade 8 perspective

Reën Toe ons die afgelope naweek so in die gietende reën daar by Brugstraat staan, herinner dit my aan dié keer in 2008 toe die Interskole deur Paarl Gim aange- bied is. Heel week wou almal weet wat die weer sou maak. Ek en mnr. Went- zel Coetzer, saam met wie ek Boishaai se Eagles en Falcons afgerig het, het natuurlik almal vertel dat dit mooi weer sou wees! Wie ook al ons vra, vertel ons fluks hoe die son heerlik sou skyn. (Ons het maar geglo in die mag van positiewe denke, want sien, die Eagles en Falcons hardloop mos maar met die bal, en hoe kan hulle dit nou doen as dit stortreën?) Die Donderdagmid- dag met die Ghoffels- en Hommels-wedstryde staan ons toe almal daar langs die veld. Ek, mnr. Coetzer, mnr. Johan Strauss, wyle mnr. Jackie Sheriff, mnr. Pieter Terblanche en nog so ’n paar ander, lekker aan’t gesels en rugby kyk. En dit begin reën. Dit reën later so dat ons wonder of ons nie dalkies moet begin hout soek om ’n ark mee te bou nie. Die toeskouers verdwyn die een na die ander tot net ons groep Boishaaiers oorbly. Toe ons nou al net mooi deurnat is, steek mnr. Strauss sy kop onder die sambreel uit en en kyk beskuldigend na my en mnr. Coetzer: “Julle twee opperste weerprofete,” seg hy wrewelrig, “sal my sekerlik verskoon as ek julle nie weer ernstig opneem nie!” Maar so kommunikeer die Liewe Vader ook met my deur dinge wat soms so op die oog af niks met mekaar te doen het nie, in my klapperdop te laat kliek. Want een Saterdag in 2011, sopnat tot op my vel daar langs die B-veld in Brugstraat, terwyl my geliefde Eagles en Falcons die bal oudergewoonte lustig rondgooi asof dit nog nooit gereën het nie, onthou ek skielik ’n klomp goed. Ek onthou hoe een van die manne daardie einste middag in 2008 ’n op- merking gemaak het oor ons opoffering met die genatreënery, en hoe Pieter Terblanche toe die volgende gesê het : “Kêrels, ons mag nat wees, maar ek sê nou vir julle: Daar is vandag ’n klomp manne regoor die land wat hul linker- pinkie sal gee om te staan waar ons staan.” Ek onthou verder hoe een van ons onderwyseresse ’n groot tragedie beleef het. Haar niggie en baie goeie vriendin het om onverklaarbare redes self- moord gepleeg. Toe dit die oggend haar beurt is om te open in die perso- neelkamer, het sy iets gesê wat ek altyd sal onthou: “It doesn’t matter who you are, and what you think your problems are … you are living somebody else’s dream!” Ek onthou verder die boemelaar-omie (almal sal hom ken – hy sit altyd daar op die hoek van Brug- en Hoofstraat) wat elke Saterdag in die teerpad buite die B-veld kom sit het en lustig vir die Eagles en Falcons geskree het. Elke Saterdag. Veral as die manne veld-op in die noordelike rigting speel, het hy altyd geskree: “Die doellyn is daar anderkant manne, nie dié kant nie! Gaan score daar!” Eendag, onthou ek, bied ek aan om vir hom iets te ete te koop. Hy het dit hoflik van die hand gewys. Toe ek tog ná die wedstryd vir hom koffie en ’n vleispastei neem, was hy weg. So het elke man seker sy trots, het ek gereken. Hoe kom dit alles bymekaar? Sien, toe ons nou so staan en koudkry terwyl ons die spanne opwarm (my hande kon later niks voel nie!), sê Torries van Niekerk, my mede-afrigter, in sy wonderlike Bolandse bgy-aksent: “Nee alla- magtig, chief, hieg vegkluim ons nog vandag. Hou chief net so vas, dan kgy ek gou vig ons koffie en pannekoek!” En ek moet sê, toe hy later daar by die trap- pe afgestap kom, tot die tande gewapen met koffie en pannekoek met sommer baie kaneelsuiker op, was my lewe gered. En toe die Eagles weer ’n mooi drie druk, hoor ek die bekende stem agter my: “Die doellyn is daar anderkant, manne! Loop score daar!” Waar hy intussen was, weet ek nie, maar in die gietende reën, op die rand van die teerpad, sit hy, met net ’n outydse swart sambreeltjie om die knaende waters van sy kop af te hou. Ek het my voorgeneem hy gaan my hierdie dag nie weer ontglip nie. Daarom stuur ek toe skelmpies een van die seuns om ’n koppie koffie en pannekoek te koop en dit vir hom te gee. En die ou het sommer lekkerder en harder geskree, na hy dié onder die blad gehad het. En ek dink: Ek mag deurnat wees, maar daar is mense wat hul linkerpinkie sou gee om te staan waar ek staan. Whoever I am, whatever I think my pro- blems are, I’m living somebody else’s dream. There but for the grace of God… En as almal van ons miskien maar net dit kan onthou, raak dit soveel makliker om koffie en pannekoek te koop en dit dan weer weg te gee. Hoe sê Phil Collins? Oh, think twice / ’cause it’s another day for you and me in paradise … DA SWART – SKOOLHOOF (UIT: HARTKAMERS)

My year as a Grade 8 learner at Paarl Boys’ High has come to an end, and although I cannot say it was the easiest year of my life I can say that it was an enjoyable one. The school brought many op- portunities and adventures that I will remember forever. One of the things that greatly impressed me were the teachers, who always seemed to know exactly what they were talking about and who were always very qualified in what they were teaching us. The school also shows great mastery of the balance between extracurricular activities and festivals offered by the school and academics. Teachers always gave us a clear indication of the prin- ciple that there is a time to work and a time to play and that each one should be done to the best of one’s ability. Although I do enjoy academics and it is probably the reason why there is a school, I think I speak for many learners when I say ex- tramural activities are fun and in a school like Boys’ High there is everything from rugby to drama and music to being in a school newspaper. I was overwhelmed by all the opportunities I was faced with. How many learners can say they participated in an interna- tional choir competition? And I am sure that anybody who has ever experienced Interschools can say it is something truly unique. Now anyone who reads this article will probably say to me that the school can’t be that good and I would answer, yes, you are right – the school does have its up and downs but to be honest nothing is perfect. At Boys’ High I have experienced a “do-everything-to- the-best-of-one’s-ability attitude” and I think this has made all the difference. So I see myself fortunate to be in this school and I believe that when the year 2022 comes I will leave this place looking back on when I first entered the school and be proud of what the school has done. JUSTIN DE VILLIERS Back to the future As the year nears its end it is time to reflect on 2018, the 150-year festivities and my three years in Paarl Boys’ High ... To me Boys’ High is a place where you develop your academic skills as well as your personal growth while enjoying yourself. Ná drie weke in graad 8 in 2016 vra juffrou Götze my ommy erva- ring van Boishaai met potensiële leerders by die skool se Opedag te deel. My toespraak in ’n neutedop: Die lewe gaan oor keuses en die feit dat julle gekies het om vandag HJS Opedag by te woon, wys reeds na die potensiaal en kwaliteit waarna hier gestreef word, binne-in jou. Op ’n dag ontvang ek ’n e-pos van die skool: My aansoek was suk- sesvol. Dit lui: Jongeheer Snyman en ouers ... This was my first experience of the respect I would encounter as a newcomer, especially of how the staff and seniors treat us as Grade 8s. Deur ons graad 8-kamp is ons ondersteun en leiding gegee. Gou besef jy dat jy net deur spanwerk vorentoe kan gaan. By die kos- huis Werda, waar die kos terloops baie lekker is, ontmoet jy kin- ders van dwarsoor die land. Saam met dagskoliere van die Paarl en omliggende streke begin daar reeds vriendskappe in die klas- kamers en tydens al die buitemuurse bedrywighede ontwikkel. Al die geleenthede is daar vir jou om aan te gryp en jou uit te leef en te ontwikkel. Ek ervaar Boishaai as ’n sterk rivier vol vars water. Die leerlinge kom almal as sytakke by die rivier aan en hier word die leerders saamgevoer tot goeie gedrag, leerlingskap en sportmanskap wat uiteindelik uitloop in die groot see van die lewe. Al die groepe kinders en mense om jou vorm en bou jou karakter en jou as mens. Dit gee vir jou nuwe perspektief en verbreed en verdiep jou kennis en begrip van die wêreld om jou. Boishaai 2018 en die toekoms: Stadig maar seker buig die boom- pies. Die skooldae was lank, maar die jare kort. HERMAN SNYMAN (GRAAD 10)

BOISHAAIER 2018 / Van Toeka Tot Nou

97

BOISHAAI 150 YEARS

Made with FlippingBook Online newsletter