Boishaaier 2018

uitstekend afgeronde vertoning gelewer. In hierdie jaar word die drumline vir die eerste keer gevra om tydens die groot 4M-meisiesatletiekbyeenkoms ’n vertoning te lewer en sedertdien word hulle elke jaar hiervoor genooi. Dirkie Joubert het in 2016 net voortgebou op die harde werk van die vorige jaar. Die drumline word nou vir optrede by verskeie ekstra funksies gevra, onder andere die kultuuraand tydens Affies se skoolkoortoer na die Kaap, die OSU se “Legends”-veiling, asook tydens die SA Skolerugbywedstryd op Brugstraat teen Engeland. Die drumline het ook vir die eerste keer dié jaar tydens die jaarlikse Paarl Vallei-eisteddfod deelgeneem en Goud verwerf. In 2017 het Werner Keyser die manne met entoesiasme gelei en hulle is later die jaar gevra om die openingsmusiekitem

by BokRadio se jaarlikse Bokkie- toekennings te lewer. Hulle verwerf ook hierdie jaar, sowel as in 2018, ’n Cum Laude by die jaarlikse Paarl Vallei- eisteddfod. Die 2018-drumline, onder leiding van Shane Cornelissen, het weer eens uitstekende tromritmes en formasies gelewer wat die mense by elke vertoning aan die praat gehad het. Daar is reeds in die derde kwartaal oudisies afgelê en ons sien uit na die nuwe groep wat vroeg in die nuwe jaar aan die werk sal spring. Die drumline, as voorste linie van vele stryde, berei die veld voor by menige groot kragmeting en hier voel ons soos broers. Alhoewel die drumline nog net tien jaar oud is, sien ons reeds dat verskeie gesinne daarin verteenwoordig word: die Landsberg-broers (Josh,

Richard en Carl), die Krugers (Peter en Christopher), die De la Bats (Jacques, Willie en Bernabé), die Keysers (Alex en Werner) en die huidige Truter-broers (Latham en Jared). Die woorde van Mickey Hart, bekend vir sy inspirerende aanhalings oor musiek en die invloed wat dit het op die hart, siel en verstand, vat dit netjies saam: “Life is about rhythm. We vibrate, our hearts are pumping blood, we are a rhythm machine, that’s what we are.”

BOISHAAIER 2018 / Musiek / Music

95

BOISHAAI 150 YEARS

Made with FlippingBook Online newsletter