Boishaaier 2018

Drumline Agter: Markus de Jager, David Sinclair, Jared Truter, Carlyle Damons, Daniël Steenkamp, Casper Troskie, Shane Smith, Jaun van Nooy, Siran Baron Voor: Luke Künz, Joshua Sendin, Shane Cornelissen, me. B Goldstone, Latham Truter, Bernabé de la Bat, Jordan Williams

Drumline Eerste Interskole-optrede in 2008.

Die HJS-drumline het alombekend geword vir hul goed afgeronde, opwindende vertonings en word gereeld deur instansies gevra om op te tree. Sedert die drumline se stigting en eerste Interskole-optrede in 2008 onder leiding van die destydse musiekhoof, me. Celia Burger, het die drumline ’n integrale deel van die HJS-kultuur geword. Hulle is self verantwoordelik vir die oefeninge, roetine en repertorium en tree by verskeie formele funksies en sportgeleenthede op. Formele funksies sluit in die jaarlikse Piekniekkonsert, die Blue/Grey-aand (op die Vrydagaand van die Grey-naweek) en die Orkesfees. Wat sportgeleenthede betref, speel hulle voor die rugby- en hokkiehoofwedstryde teen Grey en Paul Roos en ook tydens Interskole. Die eerste drumline-leier, Dylan Jefferys, het die groep vir twee jaar gelei,

waartydens HJS die eerste instansie in Suid-Afrika geword het om Mapex- tromme uit Amerika aan te koop. In 2009 toer hulle vir die eerste keer na Bloemfontein om teen Grey mee te ding. In hierdie jaar is die drumline vir die eerste keer gebruik om deel te wees van die jaarlikse Nuweland-dag waartydens ’n wenner vir die beste gees aangekondig word. HJS het hierdie kompetisie van 2009 tot 2014 gewen. In 2010 en 2011 was Nelius Swart die leier. Nog toerusting word in hierdie tyd uit Korea aangekoop wat 20 leerders die geleentheid gee om by die drumline betrokke te wees. In hierdie twee jaar het die drumline ook deelgeneem aan die Kaleidoskoop-skolemusiekfees te George. Onder leiding van Moskou du Toit (tromstelspeler van Spoegwolf) het die drumline in 2012 verseker dat hulle onmisbaar raak.

Aan die einde van 2012 is me. Celia Burger weg by HJS en me. Berdine Goldstone het die nuwe drumline- koördineerder geword. Met Anrich Wolmarans aan die stuur in 2013 het die drumline daartoe bygedra dat die skool die Nasionale Garnier “War Cry”-kompetisie vir skole wen. In 2014 word Arno Terblanche die nuwe leier en die manne word gevra om tydens die Groot Brag voor Interskole by Primêre Seunskool te speel. Hierdie geleentheid het jong opkomende spelers geïnspireer om reeds voor hulle hoërskool toe kom, hard te oefen. Nie lank daarna nie het die laerskool met hul eie drumline begin. Die 2015-drumline het die grondslag gelê waaraan alle groepe vervolgens gemeet sou word. Onder leiding van Christopher Kruger het hulle formasies sowel as hulle tromritmes die toeskouers gaande gehad. Daar is by elke uitvoering ’n interessante,

BOISHAAIER 2018 / Musiek / Music

94

BOISHAAI 150 YEARS

Made with FlippingBook Online newsletter