Boishaaier 2018

Cantare

Na ’n stilte van amper tien jaar is die skoolkoor in 2008 herstig. Die klem is meer op massadeelname geplaas en optredes is slegs tot skooloptredes asook deelname in revues beperk. In 2010 is ’n ensemble van twaalf seuns geïdentifiseer om by die skool se Stigterdag op te tree. Ná hierdie geleentheid het dié groep besluit om bykomend tot die skoolkoor te funksioneer en so het Cantare tot stand gekom. In 2014 neem Cantare vir die eerste keer aan die ATKV-Applous Nasionale Koorkompetisie deel en behaal ’n goue

sertifikaat in die Wes-Kaapse ronde. In 2015 en 2016 dring die groep deur tot die finaal van hierdie kompetisie en wen die seunskoorafdeling wat onderskeidelik in Port Elizabeth en Stellenbosch plaasgevind het. Daar word ook besluit om die koor en Cantare te laat saamsmelt en getalle wissel van 45 tot 55 lede. Ons beoog om die koor in die nuwe jaar tot ongeveer 70 lede uit te brei. In 2018 neem Cantare dan ook deel aan die World Choir Games wat in Tswane plaasgevind het waar ’n silwer VII-sertifikaat aan hulle toegeken word.

Daar word die afgelope paar jaar baie moeite gedoen om konserte en werkswinkels met ander seunskore te reël. Daarom is die jaarlikse kultuuraand in samewerking met Grey Kollege Bloemfontein ’n groot hoogtepunt. In 2017 het Cantare ook by die Afrikaanse Hoër Seunskool besoek afgelê waar ons aan ’n gesamentlike kooraand deelgeneem het.

Made with FlippingBook Online newsletter