Boishaaier 2018
Vanjaar was dit weer HJS se voorreg om die jaarlikse kultuuraand in samewerking met Grey Kollege Bloemfontein aan te bied. Die volgepakte stadsaal is getrakteer op musiekitems van beide skole se kultuurdepartemente en het verskeie orkeste, kore, serenadegroepe, “gumboot”-dansers en drumlines ingesluit. Die aand is afgesluit met ’n massa-item van meer as 250 seuns en onderwysers van beide skole. Wat hierdie geleentheid meer spesiaal maak, is die feit dat dit sonder mededinging of kompetisie gepaard gaan. Elke individu en groep se talent en harde werk word gevier en jare lange vriendskapsbande word gesmee. Blue Grey Evening
BOISHAAIER 2018 / Musiek / Blue Grey Evening
89
BOISHAAI 150 YEARS
Made with FlippingBook Online newsletter