Boishaaier 2018

Verlede jaar hierdie tyd het ons berig dat ons die Piekniekkonsert met gemengde emosies aangepak het, omdat dit die laaste keer sou wees wat ons saam met ons geliefde kitaarmaestro, mnr. Dirkie van Staden, kon musiek maak voor sy vertrek na Pretoria. Vanjaar was egter in vele opsigte die begin van ’n nuwe hoofstuk, wat hierdie geliefde konsert betref. Ons gasheer en gaskunstenaar, Claude Pretorius, het gesorg vir ’n baie professionele aanbieding en sy weergawe van Leonard Cohen se Halleluja en Coenie de Villiers se Karoonag was aangrypend. Verder het ons ook hande gevat met ons klein- boeties van Primêre Seunskool en is ons verras met die goeie spel van hulle drumline, pianis en instrumentale ensemble. Die musiek wat die aand na die verhoog ge- bring is, was werklik van hoogstaande gehalte. Almal was gaande oor Reegan Young se vertol- king van “Pilate’s Dream” uit die musiekblyspel Jesus Christ Superstar”, Sunin Kim se klassieke klarinetsolo, Le Roi du Plessis se trompetspel en natuurlik die blues-nommers van “Derek and the Dominant Ou’s” (met mnr. Swart as die Derek!), om maar ’n paar te noem. Piekniekkonsert

Kerskonsert

Die musiekdepartement het hulle jaar op kleur- ryke wyse afgesluit tydens ’n heerlike Kerskonsert by Rhebokskloof. Saam met optredes deur ons topmusikante en -groepe is ons bederf met Laer Meisieskool se koor wat vir ons kom sing het. Tydens die geleentheid word die musiekdepar- tement se uitblinkers ook vereer. Toekennings is as volg uitgedeel: Beste speler – klawerdepartement: Jandré Frey Beste sanger: David Meihuizen Beste houtblaser: Sunin Kim Beste koperblaser: Le Roi du Plessis Beste kitaarspeler: Tristan O’Malley Beste perkussiespeler: Stuart Martin Besondere bydrae tot die koor: Songo Mahlakahlaka Besondere bydrae tot die blaasorkes: Sunin Kim & Simon du Toit Besondere bydrae tot die drumline: Shane Cornelissen & Daniël Steenkamp Besondere bydrae tot die sêrgroep: Andrew Geldenhuys & Marco Tolken Baie geluk aan hierdie leerders, sowel as al die ander wat opgetree het en van hierdie aand so ’n groot sukses gemaak het. Die kerskonsert groei elke jaar, en is ook elke jaar reeds ’n week vooraf uitverkoop! Dit was ’n absolute sielsver- rykende aand gevul met vreugde en nostalgie, en ons opregte dank gaan aan die organiseer- ders, kunstenaars en ondersteuners.

BOISHAAIER 2018 / Musiek / Konsert

86

BOISHAAI 150 YEARS

Made with FlippingBook Online newsletter